Ranglysposisie | 7 | |
2021 ranglysposisie | 8 | |
Streek | Asië | |
Bevolking | 229 489 000 | |
Christelike bevolking | 4 194 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
7Pakistan
Pakistan bly steeds een van die lande waar dit die moeilikste is om as ʼn Christen te leef.
Christene in dié land word as tweedeklasburgers behandel en staar diskriminasie in elke faset van hul lewens in die gesig. Werk wat as laag, vuil en vernederend gesien word, word deur die owerhede vir Christene gereserveer. Die owerhede hou aan om hulle tot die buitewyke van die samelewing te verstoot. Hulle het ʼn tekort aan behoorlike verteenwoordiging in politiek en hoewel daar die afgelope jaar geen ernstige aanvalle op kerke was nie, is daar aanhoudende aanvalle op individue. Baie mense voel nie veilig om vrylik te aanbid nie.
Pakistan se berugte Godslasteringswette teiken godsdienstige minderhede (insluitende Moslem-minderhede), maar beïnvloed veral die Christen-minderheid. Die aantal Godslasteringsake (wat met die dood strafbaar is) neem toe. ʼn Groeiende aantal Christen-meisies (en meisies van ander minderheidsgelowe) word ontvoer, misbruik en gedwing om na Islam om te skakel.
Christene ervaar apatie vanaf die owerhede, wat veronderstel is om hulle te beskerm. Die polisiemag is meer geïnteresseerd daarin om plaaslike mense met mag te paai as om die wette te implementeer en minderhede te beskerm. Christene voel kwesbaar sonder ʼn betroubare owerheid om hul regte te beskerm.
Ontmoet “Raqia”
“Wanneer ons nie brood in ons hande het nie, lig ons dit op na die hemel. God voorsien. Hy kry ons en ons kinders op die een of ander manier deur hierdie tyd.”
Raqia is ʼn skoolonderwyseres wat deur die 2022-vloede beïnvloed is.
Bid asseblief
- Dat Pakistan se Godslasteringswette verander sal word sodat Christene teen valse beskuldigings beveilig kan word.
- Vir beskerming vir vroue wat huishoudelike geweld ervaar en meisies wat in huwelike gedwing word. Vra God om in die harte van hul mans te werk sodat hulle met vriendelikheid en respek behandel sal word.
- Vir wysheid en beskerming vir dié wat uitreik om gemeenskappe te help wat deur verlede jaar se vloede ontwortel is.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Pakistan?
Geopende Deure is aktief in lande in die Persiese Golf deur ʼn netwerk van vennootkerke, maar weens sekuriteitsredes kan ons nie sê wat ons waar doen nie.