skip to Main Content
Ranglysposisie   6
2021 ranglysposisie   7
Streek   Afrika
Bevolking   216 747 000
Christelike bevolking   100 420 000
Meederheidsgeloof   Christenskap

6Nigerië

Sedert die noordelike state in 1999 hul lojaliteit aan Sharia (Islamitiese wette) verklaar het, het die Islamisering momentum gekry deur beide gewelddadige en nie-gewelddadige maniere. Christene in die Sharia-state ervaar diskriminasie en uitsluiting as tweedeklasburgers. Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond staar ook verwerping deur hul eie families, druk om hul Christenskap op te gee en dikwels fisiese geweld in die gesig.

Aanvalle deur Islamitiese militante groepe het sedert 2015 aaneenlopend toegeneem, met die regering wat nie daarin kan slaag om die styging in geweld te voorkom nie – dit raak alle Nigeriërs, maar veral Christene.

Fisiese geweld bly die gevaarlikste en algemeenste bedreiging in Nigerië. Christene word aanhoudend, onoordeelkundig en wreed aangeval in noordelike Nigerië, en die geweld het begin om na suidelike Nigerië te versprei. Militante groepe soos Boko Haram, ISWAP en Fulani-militante is verantwoordelik vir moord, fisiese beserings, ontvoering en seksuele geweld teenoor hul slagoffers. Christene word van hul grond onteien en van hul lewensbestaan ontneem. Baie leef as intern ontwortelde mense of vlugtelinge.

Ontmoet Agnes

“Ons het in die lande op ons plaas gewerk toe gewapende mans ons genader het. Hulle het drie van ons ontvoer. Hulle het my twee vriende later doodgemaak. Ek is die enigste een wat oorleef het.”

Agnes is ʼn oorlewende van ontvoering deur Boko Haram.

pray

Bid asseblief

  • Dank God vir die moedige geloof van gelowiges in Nigerië, wat ondanks die gevare wat hulle in die gesig staar weier om Christus te verloën.
  • Vir ʼn einde aan die geweld wat deur militante groepe regoor Nigerië toegepas word.
  • Dat Geopende Deure-vennote meer oorlewendes van geweld en ontvoering met traumasorg en vervolgingsvoorbereidheidsopleiding kan bereik.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Nigerië?

Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote om Christene in Nigerië met dissipelskap en vervolgingsvoorbereidsopleiding, traumasorg, noodleniging en ekonomiese bemagtigingsprojekte te bereik.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek