skip to Main Content
Ranglysposisie   8
2021 ranglysposisie   9
Streek   Midde-Ooste
Bevolking   86 023 000
Christelike bevolking   1 245 000 (Geopende Deure-skatting)
Meederheidsgeloof   Islam

8Iran

Iran word deur ʼn toenemende streng Islam-regime regeer. Die vooruitsigte vir Iranse Christene, veral bekeerlinge vanaf Islam, verbeter geensins nie.

Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond kan slegs by geheime huiskerke ontmoet. Hulle ervaar ʼn groot risiko om gemonitor, geteister, gearresteer en vervolg te word vir “misdade teen nasionale veiligheid”. Die leiers en lede van Iranse huiskerke ontvang lang tronkstrawwe, wat fisiese en geestelike mishandeling insluit.

Iranse Christene kan van onderrig ontneem word, hulle verloor selfs hul werke en vind dit baie moeilik om dan weer werk te kry. Die situasie is nog meer onseker vir vroue, omdat die Iranse wette min vroueregte toelaat. Dit is geen verrassing nie dat baie Iranse gelowiges gedwonge voel om Iran te verlaat en ʼn nuwe lewe elders te begin.

Daar was die afgelope jaar ʼn toename in gewelddadige voorvalle, insluitende ontvoering. Staatsmonitering neem ook toe en die owerhede versterk hul greep op burgers se daaglikse lewe en aktiwiteite – ʼn houding wat gereflekteer word in die hewige reaksie op die opstande ná die dood van Mahsa Amini op 16 September 2022.

Ontmoet Ali

“Toe ons in eensame opsluiting was, was die enigste ding wat ons versterk het gebed. Slegs God kan in hierdie donker plekke en ondergrondse kerkers ingaan en krag aan Sy kinders gee.”

Ali en sy familie moes weens voortdurende vervolging en diskriminasie na Turkye vlug nadat hulle Christene geword het.

pray

Bid asseblief

  • Dat Jesus nog baie harte in Iran sal vrymaak.
  • Dat Christenskap nie meer as ʼn vreemde idee uitgebeeld sal word nie.
  • Vir sterk geloof en moed vir die Iranse Christene wat in die geheim ontmoet.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Iran?

Geopende Deure se vennote ondersteun die Kerk in Iran met ʼn aanlyn bedieningsteenwoordigheid, Christelike multimedia-inisiatiewe en voorspraak.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek