Ranglysposisie | 5 | |
2021 ranglysposisie | 4 | |
Streek | Noord-Afrika | |
Bevolking | 7 041 000 | |
Christelike bevolking | 35 400 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
5Libië
Libië is in wese ʼn wettelose land waar beide inheemse Christene en dié wat die land vanaf ander lande besoek, uiterste geweld ervaar. Met geen sentrale regering om wet en orde te handhaaf nie, verkry beide militante Islamitiese ekstremistiese groepe en georganiseerde misdaadgroepe mag. Hulle teiken en ontvoer Christene, wat dan die slagoffers van mensehandel word. Sommige gelowiges word doodgemaak.
Indien ʼn Libiër vanuit ʼn Moslem-agtergrond ʼn Christen word, sal hulle waarskynlik intense druk en misbruik vanaf hul familie en die wyer gemeenskap in die gesig staar om hulle te dwing om hul geloof te versaak, of hulle word selfs doodgemaak. Christene wat hul geloof openlik verklaar of probeer om die Evangelie met ander te deel, sal waarskynlik arrestasie of vergelding vanaf ekstremistiese groepe in die gesig staar.
Daar was die afgelope jaar ʼn klein afname in Libië se “vervolgingstelling”, hoofsaaklik weens ʼn afname in gerapporteerde insidente (hoewel die geweldstelling steeds baie hoog is). Hoewel die land tot ʼn mate gestabiliseer het en verlede jaar minder direkte konflik ervaar het, bly die algehele kwesbaarheid van Christene in diè land uiters hoog.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Libië?
Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskapopleiding, dissipelskap, lewensbestaanondersteuning, Bybels en pastorale sorg te voorsien.