Ranglysposisie | 9 | |
2021 ranglysposisie | 1 | |
Streek | Asië | |
Bevolking | 40 754 000 | |
Christelike bevolking | Duisende (Geopende Deure-skatting) | |
Meederheidsgeloof | Islam |
9Afganistan
Die Taliban-magsoorname in Augustus 2021 het die meeste Christene gedwing om nog verder ondergronds te beweeg of die land heeltemal te verlaat. Baie huisgroepe (indien nie almal nie) is gestop, met gelowiges wat gedwing is om al hul besittings agter te laat. Meer as ʼn jaar ná die Taliban-oorname bewys dat enige beloftes oor die erkenning van vryhede onwaar was. Om Jesus te volg, kan steeds tot die doodstraf lei as dit ontdek word.
Die rigiede samelewing wat deur die militante groepe afgedwing word, laat geen ruimte vir afwykings nie – wat beteken dat Christene, wat feitlik almal bekeerlinge vanaf Islam is, hul geloof geheim moet hou. Die heersende Islamitiese wette bepaal dat dit ʼn skande is om Islam te verlaat en dat dit met die dood strafbaar is. Gevolglik ervaar Christen-bekeerlinge verskriklike en gewelddadige gevolge as hul nuwe geloof ontdek word, selfs vanaf familielede wat hul sogenaamde “eer” moet red deur van hulle ontslae te raak.
Duisende Afgaanse vlugtelinge bly nou in lande wat aan Afganistan grens, dikwels in haglike omstandighede in kampe vir ontwortelde mense, en talle Christene is onder hulle.
Afganistan se laer ranglysposisie op die Wêreldwaarnemingslys in vergelyking met verlede jaar beteken nie dat die situasie vir Christene verbeter het nie, maar dit het weens die gespanne situasie baie moeiliker geword om te bepaal vir watter redes mense vervolging ervaar het.
Ontmoet “Gulshan”
“Die Taliban is besig met ʼn deur-tot-deur soektog om ons te vind. God alleen weet wie hulle oor gelowiges se ligging en identiteite inlig. As hulle ons vind, word gelowiges summier doodgemaak.”
Gulshan, ʼn geheime gelowige van Afganistan.
Bid asseblief
- Vir die beskerming van geheime gelowiges en dat God se nabye teenwoordigheid vrede, vreugde en hoop in hul harte sal bring.
- Dat dié wat na buurlande gevlug het, na plekke gelei sal word waar aan al hul behoeftes voldoen sal word.
- Dat die Heilige Gees die Taliban-leiers se harte sal versag teenoor vroue en godsdienstige minderhede.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Afganistan?
Geopende Deure werf gebedsondersteuning vir vervolgde gelowiges in Afganistan en verskaf praktiese ondersteuning aan Afgaanse Christene wat gedwing is om na naburige lande te vlug.