Skip to content
Ranglysposisie   3
2021 ranglysposisie   5
Streek   Midde-Ooste
Bevolking   31 155 000
Christelike bevolking   ʼn Paar duisend (Geopende Deure-skatting)
Meederheidsgeloof   Islam

3Jemen

Dit is uiters gevaarlik om ʼn Christen in Jemen te wees, weens die land se streng Islamitiese wette en die teenwoordigheid van militante Islamitiese groepe. Dit is onwettig om vanaf Islam na Christenskap te bekeer. Jemenitiese Christen-bekeerlinge ervaar ʼn groot risiko om deur hul families, familiestamlede en stamme doodgemaak te word, en nie net verstoot te word nie.

Die meeste gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond verkies om hul geloof in die geheim te beoefen. Weens die toenemende vrees dat hul bure hulle aan die plaaslike owerhede sal rapporteer, kan hulle nie bymekaar kom nie.

Alle Jemeniete word beïnvloed deur die humanitêre krisis wat deur die voortslepende burgeroorlog veroorsaak is, maar Jemenitiese Christene is ekstra kwesbaar omdat noodleniging meestal deur plaaslike Moslems en moskees versprei word. Daar word beweer dat daar teen almal gediskrimineer word wat nie as toegewyde Moslems gesien word nie.

Jemen het sedert verlede jaar twee plekke op die Wêreldwaarnemingslys geklim weens ʼn geringe toename in die aantal gewelddadige voorvalle teen Christene wat gerapporteer is. Druk op bekeerlinge is op uiterste vlakke in alle sfere van die lewe. Christene in Jemen ervaar fisiese en geestelike geweld, seksuele teistering en verkragting, sowel as gedwonge huwelike.

Ontmoet “Mohammad”

“Toe ek tot geloof gekom het, het ek gedink dat ek die enigste gelowige in Jemen was. Ek het vir ʼn geruime tyd nie enige ander Jemenitiese Christene geken nie.”

pray

Bid asseblief

  • Vir dapper geheime gelowiges wat ondanks sluimerende gevare steeds kies om Christus te volg.
  • Vir humanitêre hulp om alle mense in nood te bereik, insluitende dié op die buitewyke van die samelewing.
  • Dat God die atmosfeer van agterdog en wantroue sal verander sodat alle Jemeniete veilig, openlik en met vryheid kan leef.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Jemen?

Geopende Deure ondersteun die Liggaam van Christus in Jemen deur die verspreiding van noodleniging en Christelike literatuur, en deur skuiling, beskerming en lewensbestaanopleiding aan vervolgde gelowiges en hul familielede te bied.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Onlangse nuus

Back To Top
Soek