Streek | Asië | |
Bevolking | 98 360 000 | |
Christelike bevolking | 8 924 000 (9,1%) | |
Meederheidsgeloof | Boeddhisme | |
2021 Ranglysposisie | 19 | |
2020 Ranglysposisie | 21 |
19Viëtnam
Die vlak van vervolging wat ʼn gelowige in Viëtnam ervaar, word deur sy denominasie of agtergrond bepaal. Historiese Christen-gemeenskappe soos Rooms-Katolieke geniet ʼn sekere mate van vryheid, alhoewel hulle opgesluit kan word as hulle polities aktief raak. Groot gebiede wat deur Katolieke kerke besit word (bv. naby skole of kloosters) word soms deur die staat vir ontwikkelingsdoeleindes gekonfiskeer.
Die mees intense vervolging word deur nie-tradisionele Protestante en bekeerlinge van inheemse gelowe ervaar, veral in afgeleë gebiede in sentraal- en noordelike Viëtnam. Die meerderheid behoort aan die land se etniese minderheid, soos die Hmong-groep, en verduur sosiale uitsluiting, diskriminasie en aanvalle.
Huise word soms vernietig, wat Christene forseer om hul dorpies te verlaat. In verskeie gevalle het Christene oorsee gevlug en asiel gesoek (bv. in Kambodja), net om teruggestuur te word as gevolg van Viëtnamese druk.
Ontmoet vir Ai en Liem
“Ons is nou al vir ʼn lang tyd bekeer. Ons het genesing en seën van die Here ontvang. Hy het ons lewens verander. Ons sal nie ons geloof ontken, soos wat julle versoek, nie.”
Ai* en Liem* is van ʼn animistiese agtergrond, maar het Christene geword nadat Ai van ʼn siekte genees is toe ʼn plaaslike kerk vir hom gebid het. Hulle het hul nuwe geloof met hulle familie gedeel en ʼn klein huiskerkie is gebore, wat tot 30 mense gegroei het. Sedertdien het hul kerklede baie uitdagings ervaar. Hulle is geslaan en beseer, afgesny van regeringsubsidies, uitgesluit van regeringshulp met COVID-19, en hul eiendom en oeste is vernietig.
*Name vir sekuriteitsredes verander.
Bid vir Viëtnam
- Bid dat die agterdogtigheid van die nasionale en plaaslike owerhede teenoor Christene vervang sal word met ʼn waardering vir die waarde wat hulle tot die samelewing voeg.
- Vra dat gelowiges wat onder druk is om hul geloof te herroep, die krag sal hê om aan Jesus vas te hou. Mag hierdie standpunt tot hul bure en gemeenskappe spreek.
- Bid dat jong Christene in hul liefde vir Jesus, hul begrip van die Evangelie en waardering vir die Bybel sal groei, en dat dit vir hulle ʼn fondasie vir hul lewens sal gee.
Hoe help Geopende Deure Christene in Viëtnam?
Deur plaaslike vennote, ondersteun Geopende Deure Viëtnamese gelowiges deur die voorsiening van Christelike literatuur, leierskaps- en dissipelskapsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte, voorspraak en noodleniging.