Skip to content
Ranglysposisie   41
2021 ranglysposisie   42
Streek   Midde-Ooste
Bevolking   85 562 000
Christelike bevolking   171 000
Meederheidsgeloof   Islam

41Turkye

Godsdienstige nasionalisme is ʼn kragdadige element in Turkye en plaas Christene onder toenemende druk.

Nasionalisme en Islam word wesenlik verbind en persone wat nie dié geloof onderhou nie, veral mense wat openlik ʼn ander geloof uitleef, word as ʼn dislojale Turk bestempel. Christene word dus nie as volle lede van die Turkse samelewing beskou nie. Hulle het beperkte toegang tot staatswerk en ervaar diskriminasie in private indiensneming, veral waar werkgewers bande met die regering het.

Die regering het in die verlede buitelandse Christene met Turkse gades en kinders verbied om hulle as inwoners in die land te vestig.

Alhoewel bekering vanaf Islam na Christenskap nie wetlik verbied word nie, word bekeerlinge deur hul gesinne en gemeenskappe onder druk geplaas om na Islam terug te keer. Indien hul geloof rugbaar raak, kan hulle met egskeiding en die verlies van erfregte bedreig word. Bekeerlinge vanaf Islam kan wettiglik hul godsdienstige affiliasie op ID-kaarte na Christenskap verander, maar dit is ʼn stresvolle proses en kan tot diskriminasie deur individuele regeringsamptenare ly.

Ontmoet Hans-Jurgen Louven

“Die enigste rede waaraan ek kan dink om my te dwing om te vertrek, is dat ons gelowiges is en soms ons geloof met die plaaslike mense gedeel het.”

Hans-Jurgen Louven, wat gedwing is om Turkye te verlaat.

pray

Bid asseblief

  • Dat Christen-bekeerlinge geliefd en deur God aanvaar sal voel, selfs wanneer hul eie gesinne hulle verwerp.
  • Vir die Turkse regering om ʼn beleid in te stel wat Christene erken as gelyk aan Moslems.
  • Vir geleenthede vir Christene in Turkye om Jesus veilig met vriende en familie te deel.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Turkye?

Geopende Deure skep wêreldwye gebedsondersteuning vir vervolgde gelowiges in Turkye.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek