Skip to content
Ranglysposisie   31
2021 ranglysposisie   26
Streek   Asië
Bevolking   7 481 000
Christelike bevolking   207 000
Meederheidsgeloof   Boeddhisme

31Laos

Die Kommunistiese owerhede van Laos beskou die meeste kerkbyeenkomste as “onwettige byeenkomste” en Christene word deurentyd aan noukeurige monitering blootgestel.

In Laos word sommige kerke geregistreer en streng gemonitor, terwyl ander in die geheim moet funksioneer weens ʼn gebrek aan toestemming om bymekaar te kom. Selfs onder die regering se goedgekeurde kerke beskik min oor hul eie permanente geboue.

Die leiers van ongeregistreerde kerke is selfs so lank as ʼn jaar aangehou, waartydens hul gesinne en kerke groot bedrae geld vir hul vrylating moes betaal. Plaaslike owerhede is in die meeste gevalle die bron van vervolging, wat gereeld met die gemeenskap en gesinne saamwerk.

Christene staar diskriminasie in die werkplek in die gesig wanneer hul geloof bekend raak. Hulle kan verbied word om met regeringswerk voort te gaan en kan selfs hul werk verloor. Pastore in die noorde van Laos sê dat Christen-meisies toenemend as bruide geteiken word wat na China verhandel word.

Mense uit die Boeddhisties-animistiese gemeenskap wat tot bekering kom, staar druk en geweld in die gesig vanaf hul gesinne en plaaslike owerhede. Die gemeenskap kom dikwels in opstand teen nuwe gelowiges, wat dan uit hul tuisdorpe verdryf word.

Ontmoet “Sop”

“Daar is tye wanneer ek voel dis ek teen die wêreld en dat die Here my nie van mense voorsien het nie. Maar God stuur mense. Hy het julle bediening gebruik.”

Sop, ʼn vervolgde Christen wat geletterdheidsklasse gebruik het om sy gemeenskap se mening te help verander.

pray

Bid asseblief

  • Dat Christene in staat sal wees om sonder monitering en toesig bymekaar te kom.
  • Vir ʼn einde aan onbillike boetes wat vir aangehoue Christene se vrylating gehef word.
  • Dat hele dorpe Christus deur nuwe gelowiges sal leer ken.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Laos?

Geopende Deure se plaaslike vennote versterk vervolgde gelowiges in Laos deur Christelike materiaal, leierskap- en dissipelskapopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogramme, voorspraakondersteuning en noodleniging te verskaf.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek