23Mauritanië
Dit is onwettig in Mauritanië om van Islam na ʼn ander geloof om te skakel. Die beperkende omgewing maak dit onmoontlik vir Christene (veral bekeerlinge vanaf Islam) om openlik bymekaar te kom en saam te aanbid. Enige uitdrukking van geloof deur nie-Mauritaniese Christene (soos trekarbeiders of hulpwerkers) dra ook die risiko om as die proselitisering van Moslems gesien te word en kan tot vervolging lei.
Wat het vanjaar verander? Min het in Mauritanië verander uit die oogpunt van vervolging. Enige afwyking van die Islamitiese geloof word nasionaal sterk teengestaan in gemeenskappe en deur familiedruk.
Geen storie beskikbaar nie.
Bid Vir Mauritanië
- Bid vir geheime gelowiges in Mauritanië wat daarna smag om God te aanbid. Hulle bekering is onwettig en hulle is in groot gevaar.
- Bid vir ʼn nuwe openheid teenoor godsdienstige uitdrukking onder regeringsamptenare. Vra God om hul harte oop te maak.
- Bid dat God aan gelowiges kreatiewe maniere sal voorsien om mekaar te vind en te ondersteun op hul moeilike geloofspad.
Hoe help Geopende Deure Christene in Noord-Afrika?
Geopende Deure werk om gelowiges in Noord-Afrika te ondersteun deur die verspreiding van Christelike literatuur waar moontlik, opleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte en voorspraak.