skip to Main Content
Ranglysposisie   29
2021 ranglysposisie   27
Streek   Afrika
Bevolking   37 773 000
Christelike bevolking   31 300
Meederheidsgeloof   Islam

29Marokko

Wanneer Christene in Noord-Afrika hul geloof met ander deel, staar hulle arrestasie en vervolging in die gesig. Met hierdie regskennis ervaar Marokkaanse bekeerlinge vanaf Islam tot die Christendom intensiewe druk, privaat en in die openbaar, om hul geloof te verloën.

Bekeerlinge word met die verlies van erfenisregte en toesig oor hul kinders gestraf. In sommige gevalle word Christene gearresteer en beboet vir niks meer as om met ʼn Bybel in hul besit betrap te word nie, of omdat hulle die Christelike geloof met ʼn Moslem bespreek het.

Christene staar die bedreiging van geweld weens hul geloof in die gesig, met Islamitiese ekstremiste wat in die gebied werksaam is. In die openbare sfeer word hulle die teikens van regeringsondervraging, aanrandings of tronkstraf. In die werksplek kan hulle deur kollegas geteister word en selfs weens hul geloof hul werk verloor. As hulle geloof bekend raak, word daar gediskrimineer teen baie Christene wat werk soek en om werk te kry, word byna onmoontlik.

Die verspreiding van Christelike hulpbronne word beperk. Indien hulle met ʼn Bybel betrap word, kan Christene aan teistering, aanrandings of selfs tronkstraf blootgestel word. Selfs aanlyn ervaar Christene teistering in die kuberruim weens hul geloof. Gesinsdruk en die samelewing kan hulle tot isolasie of hervestiging dwing.

pray

Bid asseblief

  • Vir verdraagsaamheid teenoor alle gelowe in Noord-Afrika en vir Christene om die vryheid te hê om bymekaar te kom.
  • Vir bekeerlinge wie se geloof bekend is. Bid vir werk en ondersteuning vir hulle familie en vriende.
  • Vir verdieping van geloof vir Christene in Noord-Afrika, selfs wanneer dit moeilik is om toegang tot hulpbronne te verkry.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Marokko?

Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskapsopleiding, dissipelskap, lewensondersteuning, Bybels en pastorale sorg te verskaf.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek