Skip to content
Ranglysposisie   49
2021 ranglysposisie   39
Streek   Midde-Ooste
Bevolking   10 301 000
Christelike bevolking   170 000 (Geopende Deure-skatting)
Meederheidsgeloof   Islam

49Jordanië

Jordanië is verdraagsaam solank almal hul geboortegodsdiens volg. Nie-tradisionele kerke, diegene wat openlik die Evangelie deel en mense uit ʼn Moslem-agtergrond wat tot bekering kom, word aan vervolging blootgestel.

Christelike gemeenskappe in Jordanië word gemonitor. Gelowiges uit ʼn Moslem-agtergrond kan geslaan, gearresteer óf selfs vermoor word indien hulle openlik hul nuwe geloof deel. Christene uit Moslem-agtergrond word blootgestel aan dae van ondervraging en slae terwyl hulle onder druk geplaas word om mede-Christene hieroor in te lig.

Dit is onmoontlik vir gelowige uit ʼn Moslem-agtergrond om met ʼn Christen te trou, aangesien hulle steeds wetlik as Moslems beskou word. Sharia (Islamitiese wet) bepaal ook dat as ʼn vrou die Christelike geloof aanneem, haar man ook moet bekeer sodat hul huwelik wettig bly. Diegene wat Moslem-bekeerlinge help óf aanmoedig, kan bedreigings in die gesig staar en hul daaglikse bestaan kan uiters bemoeilik word.

Die klein afname in die vervolgingstelling in Jordanië is hoofsaaklik te wyte aan ʼn laer aantal aangemelde gewelddadige voorvalle.

Ontmoet “Tareq”

“Ek was vroeër ʼn boelie en ʼn moeilikheidmaker. Nou is ek ʼn nuwe skepping in Jesus Christus en lyk al hoe meer soos Hy.”

pray

Bid asseblief

  • Vir beskerming vir diegene wat uit Moslem-agtergrond tot geloof kom.
  • Dat Jordan se owerhede die groeiende bedreiging van Islamitiese ekstremisme sal kan smoor.
  • Dat Christene van alle agtergronde gerespekteer sal word vir hul lewe van integriteit.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Jordanië?

Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote in Jordanië om Christene te ondersteun deur opleiding, noodleniging en rehabilitasieprojekte en die verhoging van gebedsondersteuning.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Onlangse nuus

Back To Top
Soek