34Katar
Christene in Katar word in twee kategorieë verdeel: Uitgewekene Christene en bekeerlinge vanaf Islam tot die Christendom.
Uitgewekene Christene vorm die grootste groep en is meestal trekarbeiders van Asië en Afrika. Hulle is nie vry om hul geloof openlik te beoefen nie, en om ʼn Moslem van Jesus te vertel kan tot vervolging en deportasie lei. Uitgewekene kerke word fyn dopgehou en slegs ʼn uitgesoekte aantal word toegelaat om geboue op te rig. Talle trekarbeiders se Christelike geloof dra by tot hul kwesbaarheid.
Bekeerlinge vanaf Islam tot die Christendom staar erger vervolging in die gesig, insluitende diskriminasie, teistering en polisiemonitering, en word nie amptelik erken nie. Die meeste bekeerlinge is buitelandse werkers en woon dikwels in hul eie nasionale of etniese gemeenskappe. Hulle ervaar ook dieselfde druk as wat hulle in hul tuislande sou ervaar.
Katarese gelowiges is in die minderheid, hou hulle geloof geheim en ervaar intense druk en afknouery van hul eie families. Byna alle Katarese Christene het in die buiteland tot bekering gekom en die meeste van hulle keer uit vrees nie terug na hul land van herkoms nie.
Ontmoet “Daniel”
“Op die Arabiese Skiereiland kan ʼn persoon wat meer van die Christelike geloof te wete wil kom, nie by ʼn kerk ingaan nie. In Saoedi-Arabië is daar ook nie kerke nie en in die ander lande is kerke slegs toeganklik vir buitelanders. Byvoorbeeld: In Katar of die Verenigde Arabiese Emirate word elke persoon wat ʼn kerkgebou binnegaan, deursoek en slegs buitelanders word toegelaat.”
Daniel is ʼn Geopende Deure-vennoot.
Bid asseblief
- Vir geheime gelowiges op die Arabiese Skiereiland. Vra God om hulle geloof te versterk en Sy teenwoordigheid bekend te maak, selfs wanneer hulle nie hul geloof aan iemand anders kan openbaar nie.
- Dank God vir die groeiende aantal Christene op die Arabiese Skiereiland. Bid dat die kultuur sal verander om meer verdraagsaam teenoor hulle te word.
- Vir beskerming vir Christelike trekarbeiders wat deur hul werkgewers mishandel word.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Katar?
Geopende Deure ondersteun die liggaam van Christus op die Arabiese Skiereiland deur gebed te organiseer, Skrifhulpbronne te versprei en gelowiges en pastore op te lei.