Skip to content
Ranglysposisie   1
2021 ranglysposisie   2
Streek   Asië
Bevolking   25 991 000
Christelike bevolking   400 000 (Geopende Deure-skatting)
Meederheidsgeloof   Agnostisisme

1Noord-Korea

Noord-Korea bly ʼn brutaal vyandige plek vir Christene om in te leef. Indien gelowiges deur die owerhede uitgevang word, word hulle na arbeidskampe gestuur as politieke gevangenes, waar die toestande afgryslik is, of hulle word summier doodgemaak – en hulle families word aan dieselfde lot onderwerp. Christene het absoluut geen vryheid nie. Dit is feitlik onmoontlik vir gelowiges om bymekaar te kom om te aanbid. Diegene wat dit waag om bymekaar te kom, doen dit in uiterste geheimhouding – en ervaar ʼn enorme risiko. ʼn Nuwe “teenreaksionêre denkwet” maak dit baie duidelik dat dit ʼn ernstige misdaad is om ʼn Christen te wees of om ʼn Bybel te besit, en dat dit swaar gestraf sal word.

Geopende Deure se kontakte het die afgelope jaar van betroubare bronne verneem dat talle Noord-Koreaanse gelowiges van verskeie ondergrondse kerke uitgevang en tereggestel is. Meer as 100 van hul familielede is ook aangekeer en na arbeidskampe gestuur.

Ontmoet “Yong-Gi”

“Ek besef stap vir stap hoe die Heilige Gees my lewe lei. Ek het besluit om alles in God se hande te plaas.”

Yong-Gi is ʼn Noord-Koreaanse Christen wat deur ons skuilhuis-bediening gehelp is.

pray

Bid asseblief

  • Dat die Heilige Gees voortdurend bonatuurlike vrede en krag aan gelowiges wat in arbeidskampe aangehou word, sal gee.
  • Dat Christene wat dapper in die geheim ontmoet, teen die gierige oë van die owerhede beskerm sal word.
  • Dat die Noord-Koreaanse regime die land sal toelaat om deur die wyer wêreld gehelp en beïnvloed te word.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Noord-Korea?

Geopende Deure se geheime werkers hou 80 000 Noord-Koreaanse gelowiges aan die lewe met noodsaaklike voedsel en hulp deur geheime netwerke in China, asook deur skuiling en dissipelskapopleiding aan Noord-Koreaanse vlugtelinge by skuilhuise in China te gee.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek