Ranglysposisie | 10 | |
2021 ranglysposisie | 13 | |
Streek | Afrika | |
Bevolking | 45 992 000 | |
Christelike bevolking | 2 000 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
10Soedan
Die vervolging van Christene bly op ʼn uiterste hoë vlak in Soedan. Daar is vrese dat dit te midde van die voortslepende onrus sal vererger en dat die land kan terugkeer na die voormalige outoritêre bewind van president Omar al-Bashir. Dit kan die positiewe stappe wat onder die oorgangsregering vir godsdiensvryheid gedoen is ongedaan maak.
Die sosiale houding teenoor Christene het nie verander nie, veral in gebiede buite die hoofstad, Khartoem. Christene is steeds kwesbaar vir uiterste vervolging van beide hul gemeenskappe en hul eie families, veral dié wat vanaf Islam tot bekering gekom het. Bekeerdes kan seksuele aanranding en huishoudelike geweld in hul huise ervaar, asook kwesbaar wees vir tronkstraf en geweld. Hoewel die doodstraf vir die verlating van Islam afgeskaf is, is daar vrese dat dit weer ingestel kan word.
Daar is geen werklike beskerming vir Christene en ander godsdienstige minderhede nie. Sedert die militêre staatsgreep is vier kerke toegemaak, en kerke en grond wat gekonfiskeer is, is nog nie aan hul Christen-eienaars terugbesorg nie. Dit is uiters moeilik om nuwe kerke te probeer bou.
Ontmoet Abdul
“Daar is geen gelyke regte vir Christene om hul kerke te bou nie – op die manier waarop Moslems die volle reg het om hul moskees te bou.”
Abdul is ʼn Soedanese Christen.
Bid asseblief
- Vir vrede om in Soedan te heers en dat God heersers sal vestig wat blywende respek vir menseregte afdwing.
- Vir kerkleiers wat met hul Moslem-eweknieë in gesprek tree – vir konstruktiewe dialoog oor hoe om ware verandering op ʼn gemeenskapsvlak teweeg te bring.
- Dat Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond se kennis oor Christus sal groei en dat hulle die wysheid sal hê om moedig oor Christus te praat.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Soedan?
Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote in Soedan om vervolgde Christene te versterk deur vervolgingsvoorbereidheid- en dissipelskapsopleiding en ekonomiese bemagtigingsprojekte.