skip to Main Content
Ranglysposisie   46
2021 ranglysposisie   46
Streek   Asië
Bevolking   445 000
Christelike bevolking   53 500
Meederheidsgeloof   Islam

46Broenei

Die groeiende implementering van Sharia (Islamitiese wet) in Brunei – van toepassing op beide Moslems en nie-Moslems met die doel om die land ten volle Islamities te vestig– maak dit toenemend uitdagend vir die land se klein Christelike minderheid om hul geloof te beoefen. Bekering van Islam word as onwettig beskou en bring mee dat bekeerlinge enorme druk kan ervaar om hul geloof in Jesus te verloën. Islamitiese onderdrukking is die hoofbron van vervolging in Brunei.

Aangesien Christelike Protestante groepe nie as kerke geregistreer kan word nie en slegs as sekulêre organisasies funksioneer, moet hulle jaarliks finansiële en operasionele verslae by die regering indien. Alle kerkaktiwiteite word deur die owerhede en omliggende gemeenskap gemonitor en kerkleiers word teen uitreiking en openbaarmaking gewaarsku. Om Islam se verspreiding aan te moedig, het die regering hulp verleen aan diegene wat Islam aanneem, laasgenoemde wat daartoe gelei het dat sommige Christene gedwing is om hulle tot Islam te bekeer.

Dié situasie het vir Christene oor die afgelope jare nie veel verander nie. Dog, vir die laaste paar jaar kan daar egter ʼn stadig groeiende druk op kerke en hul werksaamhede ervaar word.

Ontmoet “Ellora”

“Gelowiges is nie bereid om risiko’s te loop nie. Ouers kies om ook nie hul kinders na openbare kerkgeleenthede te stuur nie. Sommige van my vriende het selfs gesê hulle sien nie meer ʼn plek vir hulself in die Kerk nie.”

pray

Bid asseblief

  • Dat jong Christene wat onder druk van eweknieë verkeer die krag sal hê om aan hul geloof vas te hou.
  • Dat kerkleiers wysheid gegee sal word as hulle gelowiges dissipel terwyl hulle regeringsbeperkings en toesig monitor.
  • Dat owerhede ʼn verandering van hart sal ervaar en groter vryheid aan diegene sal verskaf wat verkies om nie Islam te volg nie.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Broenei?

Geopende Deure bied gebedsondersteuning vir vervolgde gelowiges in Brunei.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ONLANGSE NUUS

Back To Top
Soek