Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Maledive

Streek: Suid-Asië
Populasie: 376,000 (ʼn paar duisend Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam
Bron van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking, Diktatoriale Paranoia, Georganiseerde Korrupsie en Misdaad

Die Maledive, wêreldbekend vir sy luukse vakansieoorde, is ʼn plek van intense vervolging vir Christene. Hier dring die Islamitiese regering daarop aan dat die land volgens Islamitiese beginsels regeer word en dat alle burgers Moslem moet wees.

Tans is die regering betrokke in ʼn politiese stryd, wat tot gevolg het dat hulle enige vermeende bedreiging, soos Christenskap, vinnig en met uitermatige fors hanteer. Verder, oefen radikale Islamitiese geestelikes sterk beheer uit, wat dit onmoontlik maak vir bekeerlinge om hul geloof openlik te beoefen. Buitelandse Christene is ook baie versigtig wanneer hulle aanbid en vermy dikwels om in groepe bymekaar te kom. Die hartseer is dat die handjievol geheime Christene dikwels sukkel met dwelmverslawing of ander sosiale probleme, wat algemeen voorkom in die Malediviese samelewing.

Hiermee in gedagte:

  • Bid dat Jesus Homself aan Moslem-mense sal openbaar in drome en visioene.
  • Bid vir diegene wat geheime gelowiges oplei, om die gelowiges se veiligheid tydens samesyn en Bybel-onderrig in gedagte te hou.
  • Bid vir God se genesing en vernuwing in die lewens van die groot aantal Maledivers wie se lewens deur dwelmmisbruik verwoes is.
Back To Top
Soek