Ranglysposisie | 33 | |
2021 ranglysposisie | 28 | |
Streek | Asië | |
Bevolking | 279 135 000 | |
Christelike bevolking | 34 185 000 | |
Meederheidsgeloof | Islam |
33Indonesië
Indonesië het die afgelope paar jaar ʼn meer konserwatiewe Islamitiese karakter aangeneem, wat druk op Christene, veral dié vanuit Moslem-agtergronde, kan plaas.
Landgenote wat as Moslems grootgemaak word en tot bekering kom, sal waarskynlik grootskaalse druk soos verbale mishandeling en moontlik sosiale isolasie ervaar om na Islam terug te keer. In sommige gevalle sal gesinne alle ondersteuning onttrek en getroude vroue kan hul nuwe geloof geheim hou om hul mans se egskeidingsdreigemente te vermy. Sommige vroue moet ernstige sielkundige mishandeling deurmaak, insluitende doodsdreigemente, omdat hulle Christenskap beoefen.
Danksy doeltreffende polisiëring teen terrorisme kom fisieke geweld teenoor Christene deur Islamitiese ekstremiste nie algemeen voor nie. Talle nuwe Christene in Indonesië probeer egter hul tuisgemeenskappe verlaat om van die teistering te ontvlug.
Wanneer ʼn kerk die Evangelie verkondig en versprei, ervaar hulle gou teenstand van Islamitiese ekstremistiese groepe, veral in landelike gebiede. In sommige streke van Indonesië sukkel nie-tradisionele kerke om toestemming vir kerkgeboue te verkry weens owerhede wat dikwels hul papierwerk ignoreer.
Ontmoet “Doni”
“My ma het my probeer dwing om terug te keer na Islam. Sy het die rys weggesteek sodat ek en my gesin nie kon eet nie. Danksy Geopende Deure se ondersteuning het ons ʼn nuwe woonplek en kapitaal bekom om ʼn onderneming te begin. Dankie. Jy het geen idee hoe kosbaar jou hulp vir my is nie.”
Doni, ʼn gelowige uit ʼn Moslem-agtergrond, wat deur sy familie verstoot is.
Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Indonesië?
Geopende Deure se plaaslike vennote versterk vervolgde Christene in Indonesië met Bybels en Christelike boeke, sosio-ekonomiese bemagtigingsprojekte, dissipelskap- en vervolgingsvoorbereidheidsopleiding en noodleniging.