Skip to content

11 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

SENTRAAL-ASIË - Yildan het tydens ondervraging moedig verduidelik dat hy wou hê dat mense van die ware en lewende God moet weet. Nou ervaar sy gesin voortdurende ondersoeke deur die owerhede. Bid vir volharding terwyl hulle onder monitering deurloop.

Lees verder

10 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

SENTRAAL-ASIË - Bid vir Yildan* en sy dogter. Die geheime polisie het hom gearresteer en ondervra oor die verspreiding van Christelike literatuur. Die hof het hom met ʼn stewige $625 beboet. Bid vir sy gesin se voorsiening.

Lees verder

9 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

SENTRAAL-ASIË - Bid vandag vir pastoor Pavel Schreider (65) van Kirgisië. Hy staar vyf tot sewe jaar tronkstraf in die gesig. Bid Psalm 91 oor hom en dat die Here Skrifgedeeltes in sy gedagtes sal bring.

Lees verder

8 Oktober 2025

Bid vir geleenthede en Goddelike afsprake sodat die boodskap van hoop steeds in Noord-Korea versprei kan word, selfs in die geheim.

Lees verder

7 Oktober 2025

Bid vir dapper Christene wat die Evangelie in die gevaarlikste omstandighede deel. Bid vir vertroosting en geestelike bemoediging vir diegene wat weens hul dapper getuienis gevange geneem is of ly.

Lees verder

6 Oktober 2025

Bid vir gelowiges wat toegang tot gedeeltes van die Bybel het, dat hulle hierdie Skrifgedeeltes kan deel en kan onderskei wanneer en hoe om hul getuienisse te deel en ander te onderrig.

Lees verder

5 Oktober 2025

Bid dat Christene wat nie meer toegang tot ʼn Bybel het nie, Skrifgedeeltes wat hulle eens geken het, sal onthou en bemoediging daarin sal vind.

Lees verder

4 Oktober 2025

ʼn Klein aantal gelowiges het toegang tot Bybels wat in die grond begrawe en in mure versteek is. Bid dat verborge Bybels beskerm, bewaar en gebruik sal word om die Liggaam van Christus op te bou en te bemagtig.

Lees verder

3 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

Pastoor Edward Mossa help om ʼn tehuis vir die jeug in Homs te bestuur. Hy hoop dat jy saam met hom sal bid: “Ons bid vir mekaar in alle omstandighede. Ons doen ʼn beroep op jou om vir ons te…

Lees verder

2 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

Razzouk vra ons om tot God te bid dat verlore mense die Here se glorie sal ervaar en die Kerk versterk sal word. “Ek is hier teenwoordig omdat dit my roeping is. Die Here het my geroep om Sy Naam…

Lees verder
Back To Top
No results found...