Skip to content

27 April 2024

Sri Lanka - Vandag vyf jaar gelede het Islamitiese ekstremiste drie kerke gebombardeer. Bid saam met diegene wat geliefdes tydens die gekoördineerde Paasfeesaanvalle verloor het. Dit is ʼn baie moeilike dag.

Lees verder

26 April 2024

China - Bid vir almal wat weens die Evangelie gevange geneem is. Vra God om naby hulle te wees en hulle van Sy teenwoordigheid en waarheid te verseker. “Dink aan dié gevangenes asof julle self ook gevangenes is…” (Heb. 13:3).

Lees verder

25 April 2024

China - Bid dat die families en vriende van gevangenes hulle deurlopend en kragdadig sal ondersteun in hul tyd van verwarring en hulpeloosheid. Bid vir gesinne wat finansieel en emosioneel sukkel.

Lees verder

24 April 2024

China - Bid vir hul seun, wat elders skoolgaan en met sy studies sukkel. Hy en sy pa het twee keer per week per video gepraat. Vra God om mense op sy pad te plaas wat hom sal bemoedig.

Lees verder

23 April 2024

China - “Ek voel alleen. Ek word elke oggend in trane wakker.” Bid vir die emosionele toestand van Jiang se vrou – dat sy sal weet die Kerk bid vir haar.

Lees verder

22 April 2024

China - Jiang se vrou het onlangs ʼn ope brief aanlyn geplaas en só gedeel hoe sy arrestasie hul gesin verwoes het. “Albei van ons het ons werk verloor,” het sy geskryf. “Hoe gaan ons lewe?” Bid vir hierdie gesin…

Lees verder

21 April 2024

China - Bid saam met die kerkleiers in Suid-China. Jiang*, Fei* en Zhen* is verlede jaar gearresteer en daarvan beskuldig dat hulle ʼn onwettige saketransaksie gedoen het. Ons vennote is onseker waar hulle is. Bid vir hul beskerming en veilige…

Lees verder

20 April 2024

Sub-Sahara Afrika - Bid vir veerkragtigheid vir ons familie regdeur sub-Sahara Afrika – “dié wat op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vlerke soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie…

Lees verder

19 April 2024

Nigerië - In Nigerië sterf gemiddeld elf Christene elke dag weens hul geloof. Bid dat God “die paaie van geregtigheid sal beskerm en die weg sal bewaak van dié wat aan Hom getrou is” (Spr. 2:8).

Lees verder

18 April 2024

Nigerië - Bid vir Magdalene, wie se jong dogter tydens die Oukersaand-aanvalle in Plateau-staat vermoor is. Bid dat God vir haar Sy vrede op ondenkbare maniere sal wys en dat Hy Sy krag en hoop vir haar sal bring.

Lees verder
Back To Top
Soek