Skip to content

6 April 2024

Mianmar - Cho kom elke kilometer militêre of rebellekontrolepunte teë, wat vereis dat reisigers tolgeld betaal, aangesien Mianmar steeds ʼn burgeroorlog ervaar. Die kontrolepunte word meestal deur jong mans met gewere beman, wat skaars 16 is. Bid dat dié wagte…

Lees verder

5 April 2024

Mianmar - Bid vir veiligheid en krag saam met Cho*, ʼn Geopende Deurevennoot wat dikwels tien tot twaalf ure op ʼn motorfiets reis om aan gelowiges te bedien, soms op gevaarlike paaie en in stortreën. Bid vir sy beskerming en…

Lees verder

4 April 2024

Maledive - Bid dat Christene, veral nuwe bekeerlinge tot dié geloof, in die Maledive bemoedig sal word, wetende dat hulle deel is van ʼn wêreldwye familie wat aan hulle dink en vir hul beskerming en deursettingsvermoë bid.

Lees verder

3 April 2024

Maledive - Bid by naam vir die land se nuwe president, Mohamed Muizzu. Tydens die verkiesing het hy ondersteuning van konserwatiewe Islamitiese groepe gesoek. Bid teen vooroordeel en dat Muizzu vryheid vir godsdienstige minderhede sal aanmoedig.

Lees verder

2 April 2024

Maledive - Bid dat vanjaar die jaar sal wees wat geheime Maledivegelowiges toegang tot die Bybel in hul taal, Dhivehi, sal kry en die hart van God en Sy beloftes sal ontdek.

Lees verder

1 April 2024

Maledive - Dié eilandnasie, wat bekend is vir sy natuurlike skoonheid, verklaar homself 100% Moslem en diegene wat Islam verlaat, moet hul geloof geheim hou. Bid vir hulle beskerming en vrede. Die Maledive is #18 op die Wêreldwaarnemingslys.

Lees verder
Back To Top
Soek