Skip to content

Verskerping van godsdienstige beperkings ʼn gevaar vir die Chinese Kerk

 

Slegs ʼn jaar na voorgestelde wysigings vir die eerste keer aan die publiek bekend gemaak is, het China ʼn nuwe stel reëls goedgekeur wat godsdienstige aangeleenthede reguleer.

Die nuwe regulasies, goedgekeur op 7 September, sluit in riglyne oor godsdienstige opvoeding, die tipe godsdienstige organisasies wat mag bestaan, waar dit mag bestaan, asook die aktiwiteite wat hulle mag aanbied. Hierdie reëls sal op 1 Februarie 2018 in werking tree.

Chinese kerkleiers het verskillende menings oor hoe die Kerk geaffekteer sal word. Sommige voel dat dié regulasies grootliks daarop gefokus is om die styging van Islamitiese ekstremisme in te perk, terwyl ander meen dat die owerhede veral ongeneë is om regulasies op die kerk in te stel uit vrees vir konflik en onstabiliteit.

Steeds, blyk dit egter asof daar reeds ʼn verskerping van beperkings voorkom in sekere Chinese streke, veral op studente- en jeugwerk. ʼn Paar maande gelede, is kinders in verskeie provinsies verbied om Christenkampe by te woon wat in die somervakansie plaasgevind het, terwyl kennisgewings in ander provinsies uitreik is wat alle skoolkinders en hul onderwysers verbied om kerk toe te gaan.

Die Union of Catholic Asian News (UCAN) het berig dat volgens een ma, ouers gewaarsku is dat inspeksiespanne op Sondae “publieke en geheime ondersoeke sal instel om uit te vind hoeveel kinders kerktoe is”.

Bid asseblief vir die Chinese Kerk namate hul nuwe reëls in werking kom. Bid vir wysheid en leiding vir kerkleiers om hul kudde te lei te midde hierdie nuwe regulasies. Bid ook dat Chinese Christene getrou sal aanhou om die Here te volg.

Dankie dat jy bid!

Back To Top
Soek