12 Augustus 2025
NIGERIË - Bid vir krag saam met Grace wat aanskou het hoe haar man, Joshua, wreed vermoor is omdat hy ʼn pastoor was.
NIGERIË - Bid vir krag saam met Grace wat aanskou het hoe haar man, Joshua, wreed vermoor is omdat hy ʼn pastoor was.
NEPAL - Bid dat Tara God se teenwoordigheid intiem sal ervaar in hierdie tyd van eensaamheid en bemoediging sal vind om geestelik te groei.
NEPAL - Ramesh het Tara verbied om kerk toe te gaan en met ander Christene te assosieer. Bid vir bemoediging en vertroosting in Tara se emosionele en geestelike nood.
NEPAL - Ramesh het probeer om Tara se Bybel te verbrand en het dit nou vir haar weggesteek. Hy het gedreig om haar uit die huis te gooi. Bid dat God vir Tara krag sal gee.
NEPAL - Bid vandag vurig saam met Tara*. Haar man, Ramesh*, het gedreig om van haar te skei as sy nie haar geloof verloën en ophou om kerk toe te gaan nie.
EGIPTE - Bid vir vrede en vertroosting vir alle kwesbare Christenvroue regoor die wêreld. Here, ons vra U om ons susters se toevlug en bron van hoop te wees.
EGIPTE - Mariam het geen idee gehad dat sy die slagoffer geword het van ʼn taktiek van Islamitiese groepe om jong, kwesbare Christen-meisies te lok nie. Vra God om Mariam teen toekomstige gevare en druk te beskerm.
EGIPTE - Mariam het begin uitgaan met ʼn Moslem-man wat aan haar die aandag gegee het waarna sy gesmag het. Hy het haar mettertyd gemanipuleer en probeer beïnvloed om Islam aan te neem en met hom te trou. Bid vir…
EGIPTE - Bid saam met Mariam, ʼn 18-jarige meisie wat in ʼn arm huis in ʼn krotbuurt woon waar Christene ernstige vervolging in die gesig staar. Mariam het as kind met haar selfbeeld gesukkel.
KAMEROEN - Bid saam met Auristine, wat die vrouebediening lei. Die bediening het groepe in twaalf gemeenskappe gevestig. “Ek kan sien hoe die vroue vervuld en gereed is om vervolging in die gesig te staar,” sê sy.