Skip to content

Geloofsvryheid bitter min in hiérdié Krieket Wêreldbeker nasies

Die 2019 Krieket Wêreldbeker is aan die gang en baie van ons ondersteun ons gunsteling spanne (dalk steeds die Proteas) en krieketspelers van reg oor die wêreld. ʼn Skokkende realiteit is dat die helfte van die lande (vyf) wat aan hierdie jaar se Wêreldbeker deelneem, lys nie net hoog in krieketvernuf nie, maar lys ook hoog op Geopende Deure se 2019 Wêreldwaarnemingslys as lande met beperkte tot byna niks geloofsvryheid vir hulle burgers nie. Lande neem deel aan internasionale toernooie van die ICC wat staan vir waardes soos, regverdigheid en die respek vir diversiteit, maar in hul eie lande word hierdie waardes geensins toegepas nie…

 Afganistan (#2 op die WWL)

Sedert krieket in 1839 in Afganistan bekendgestel is, het dit al hoe meer populariteit verwerf. Tot so ʼn mate dat in ʼn land met min tot geen regte vir vroue, spog Afganistan met ʼn vroue-krieketspan. In 2015 het Afganistan vir die eerste maal deelgeneem aan die Krieket Wêreldbeker.

Die sosiale plek van vroue, voortdurende aanvalle op Westerlinge en die land se onverdraagsaamheid teenoor ander gelowe, maak dat die land gelys is as die tweede mees gevaarlike plek in die wêreld om Christen te wees – dit is volgens Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys (WWL)*.

Afghanistan is een van die min lande wat verklaar dat daar 0% Christene in die land is, die rede daarvoor is dat alle gelowiges skuil of geheime gelowiges is. Die klein getal Christene in die land is uitermatig versigtig met wie hulle hul geloof deel. Indien ʼn Christen ontdek word, staar hulle onmiddellike vervolging in die gesig. Hulle sal uitgesluit word uit hulle gemeenskap, in ʼn psigiatriese inrigting opgeneem word, of selfs vir hulle geloof in Christus vermoor word.

 Pakistans (#5 op die WWL)

Krieket is by verre die mees gewilde sport in Pakistan. Die nasionale span het in 1992 die Krieket Wêreldbeker gewen en in 2009 was hulle Wêreld Twintig20 kampioene. Die huidige eersteminister van die land, Imran Khan, was self krieketkaptein van die nasionale span voor hy tot amp verkies is.

Buiten krieket, haal Pakistan ook internasionale nuus vir hulle genadelose godslasteringswette wat enige een bestraf wat iets uiter wat negatief teen die staatsgeloof, Islam, beskou kan word. Een so saak wat opspraak gemaak het wat van die Christenvrou, Asia Bibi, wat die doodsvonnis ontvang het op aanklagtes van godslastering. Sy is genadiglik in 2019, na jare van hofsake, vrygespreek. Christene in Pakistan moet baie versigtig wees met hul woorde, sodat hulle nie aangekla word vir godslastering nie. Pakistan is een van die lande met die mees gewelddadige vervolging van Christen in die wêreld. Vir Moslem wat wens om na Christenskap te bekeer is vervolging baie swaar, dit sluit in, dreigemente van familie en vriende, aanvalle of selfs moord.

 Indië (#10 op die WWL)

Alhoewel krieket in Engeland ontstaan het, het Indië dié spel met die baie entoesiasme en passie aangeneem en is dit by die nasie se kultuur ingebed. Die Indiese nasionale krieketspan spog met vyf oorwinnings van wêreldkampioenskappe.

Hierdie diverse nasie is dalk verenig deur krieket, maar wanneer dit kom by geloof is hulle uiters verdeeld. Indië word sedert 2019 geklassifiseer as ʼn land met “uiterse” vervolging van Christene, en lys tans nommer 10 op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys.

Geloofsminderhede in Indië ervaar al hoe meer skending van hul menseregte, namate Hindoe-ekstremiste en politiese agendas in Indië werk om Hindutva te bewerkstelling – ʼn proses om Indië in ʼn eksklusiewe Hindoe-staat te verander.  Al hoe meer druk en aanvalle op geloofsminderhede word gerapporteer. In sekere state is dit reeds onwettig om na enige ander geloof as Hindoeïsme te bekeer, en die wat bekeer word dikwels aangeval of selfs vermoor. Kerke word ook gedurig gemonitor en ontwrig, terwyl polisiebeamptes ʼn blinde oog draai vir aanvalle op minderhede.

 Sri Lanka (#46 op die WWL)

Sri Lanka is bekend vir hul liefde vir krieket en is die enigste land in die wêreld wat alleenbesit het van ʼn internasionale krieketstadium in hul land. Meer onlangs het Sri Lanka egter internasionale nuus gemaak vir die brutale aanvalle op kerke en hotelle tydens Paasfees. Sri Lanka lys #46 op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande met die ergste vervolging van Christene.

In April 2019, is 253 mense vermoor en minstens 500 beseer gedurende ʼn reeks bomaanvalle op Paassondag. Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar. Die interessante is egter dat Sri Lanka ʼn Boeddhistiese land is, waar Christene sowel as Moslems vervolging ervaar en as tweede klas burgers gesien word. Hierdie aanvalle het burgers van Sri Lanka geruk en daar word verwag dat nog strenger maatreëls op geloofsminderhede geïmplementeer sal word.

 Bangladesj (#48 op die WWL)

Krieket word sedert die 18de eeu in Suid-Asië gespeel en is later ook deur Bangladesj aangeneem. Bangladesj neem sedert November 2000 deel aan die Krieketwêreldbeker.

Buiten Bangladesj se liefde vir krieket, is die land ook bekend vir hul onderdrukkende maatreëls en vervolging van Christene. Vir Christen-bekeerlinge van ‘n Moslem, Boeddhistiese of Hindoe-agtergrond is vervolging ʼn daaglikse realiteit. Hulle ervaar veral druk van hul eie families en gemeenskappe, maar ook van ekstremistiese groepe, om hulle Christelike geloof te herroep en terug te keer na hulle oorspronklike geloof. Verder eis baie landsburgers vir die implementering van sjaria (Islamitiese) wetgewing, wat lei tot verdere vervolging en vyandigheid teenoor Christene.

Alhoewel hierdie vyf krieketnasies tydens die Wêreldbeker-toernooi moontlik mag saam staan om hul krieketspanne te ondersteun, is hulle erg verdeeld wanneer dit kom by geloofsvryheid, namate owerhede, gemeenskappe en families poog om die land en/of gemeenskap se meerderheidsgeloof te onderhou. Ongelukkig is dit nie net hierdie lande nie. Alhoewel die vryheid van spraak en geloof iets is waartoe elke mens geregtig is, is dit nie die geval in baie lande reg om die wêreld nie. Groot internasionale byeenkomste soos die Krieket Wêreldbeker bied vir ons die kans om ʼn stem te wees vir soveel wat nie ʼn stem het nie. Mag hierdie ook vir ons ʼn geleentheid wees om verder te kyk as net ons eie land en om te praat oor mense en nasies van om die wêreld, die skending van hul menseregte, die gebrek aan geloofsvryheid en die uiters vervolging wat so baie Christene elke dag moet verduur.

*Die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys word jaarliks saamgestel en lys die Top 50 lande in die wêreld waar Christene die ergste vervolging vir hulle geloof in Jesus ervaar. Die lys word gebaseer op in diepte navorsing in meer as 65 lande. Besoek www.opendoors.org.za/afr vir meer inligting.

Back To Top
Soek