Chinese regering slaan toe op kerke
China het vanjaar ʼn reuse skuif op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys gemaak, vanaf nommer 43 na 27. Sommige analiste waarsku dat China terug beweeg na ʼn tyd soos met die Kulturele Revolusie namate die regering op groot skaal toeslaan op kerke, huiskerke en Christene.
Godsdiens word beskou as ʼn potensiele destabiliseerder wat nie in lyn is met die sosialistiese ideologie nie. President Xi Jinping glo dat burgers eerder ‘gelei’ moet word, as wat vryheid van spraak en ander geloofsoortuigings toegelaat word, veral in hierdie tyd waar China die geleentheid het vir dominansie op die wêreldtoneel. En in hierdie proses is gelykskakeling belangrik.
“Sommige meen dat omdat Christene se lojaliteit bowenal by God lê en nie by die Kommunistiese Party nie, is daar ʼn botsing van belange, wat die party voel, moontlik die proses van gelykskakeling kan ontwrig,” sê Aaron Ma, ʼn navorser vir Geopende Deure in Asië*.
In ʼn poging om godsdiens te reguleer, sluit een van die beperkings in dat enige geloof, en alle geloofsgroepe by Staatgoedgekeurde godsdienstige organisasies moet registreer, wat deur die Kommunistiese Party gekontroleer word. Sonder hulle goedkeuring, word enige byeenkomste as onwettig beskou. Dit beteken dat owerhede enige huiskerk kan sluit wat nie geregistreer is nie en/of die pastore en gelowiges kan beboet of arresteer.
Bid dat Christene nie ontmoedig sal word nie, maar dat hulle sal aanhou om die Here te volg op die manier waarop Hy hulle geroep het. Bid vir wysheid, leiding en onderskeiding vir Christene om uit te reik na ander, sonder om aanstoot te gee in die lig van die regering se nuwe regulasies. Bid vir krag en moed vir gelowiges wat in hegtenis geneem is, asook vir gemeentes wat gesluit is.
Dankie vir jou gebede.
*Source: World Watch Monitor. ‘I must denounce this wickedness openly’ – detained Chinese pastor. 14 December 2018.