Skip to content

Wat doen jy met jou vryheid?

ʼn Dag waarop vryheid in Suid-Afrika gevier word, deur tyd saam met familie en vriende te deur te bring, om huistake te voltooi en ons is ietwat meer ontspanne as op ander dae.

Bekommernisse word op hierdie dag op die agtergrond geskuif en “vryheid” is aan die orde van die dag.

Wanneer ʼn mens waarneem hoe dikwels ons die vryheid vergeet waarmee ons begenadig word, veral wanneer dit kom by die uitleef van ons geloof en om die Here te aanbid sonder enige vrees of bedreiging van ons lewens, mag ons onthou dat ons vervolgde familie regoor die wêreld nie hierdie voorreg ervaar nie.

Kyk jy oor jou skouer uit vrees vir wie jou mag sien wanneer jy ʼn kerk binnegaan, of steek jy jou Bybel onder die vloerplanke weg uit vrees dat iemand sal sien jy lees dit? Dalk bid jy in ʼn fluisterstem uit vrees dat iemand jou sal hoor en uit die huis sal gooi? Waarskynlik nie.

Met die vryheid wat ons het, kan ons kies of ons Sondagdienste, aanddienste op Woensdae of jeugdienste op Vrydae wil bywoon – ʼn opsie wat nie vir ons vervolgde broers en susters beskikbaar is nie. Die wete dat jy kan kies en keur watter dag, watter kerk en selfs watter platform – met aanlyn-kerkdienste wat dikwels agtergrondgeluide word terwyl jy met ander dinge aangaan – bring mee dat ons die vryheid om die Here in ons veilige borrel te loof en aanbid as vanselfsprekend aanvaar.

Vervolgde gelowiges weet wat die prys is wat hulle kan betaal vir lofprysing en aanbidding tot die Here, maar hulle hou aan om dit te doen – selfs al is dit in geheime donker kamers.

Wetende dat hulle ʼn hoë prys kan betaal omdat hulle die goeie nuus van die Evangelie deel, volhard hulle om Christus se vreugde en liefde met ander te deel sodat hulle ook Sy liefde kan leer ken. Hulle vryheid word opgeoffer omdat hulle weet dat hul vryheid eintlik deur Jesus, en in die Here, is. Selfs al kos dit hulle alles wat hulle het of almal wat hulle liefhet, want dit is in Hom wat hulle guns vind.

Neem nou ook tyd om te dink oor wat jy met jou vryheid doen.

Terwyl jy die teenkanting oordink wat hulle weens hul geloof in die gesig staar, en ons dikwels ligsinnig oor ons vryheid is, oorweeg dit asseblief om vir ons broers en susters te bid wat weens hul geloof vervolg word. Bid dat hulle beskerm sal word en sal aanhou om vrede in Jesus Christus te vind. Klik hier om ʼn vennoot van Geopende Deure te word en seker te maak dat hulle ondanks vervolging nooit alleen is nie.

Back To Top
Soek