Skip to content

Vervolgde vroue met krag en hoop gevul!

Wanneer ons van vervolgde Christenvroue praat, dink ons gewoonlik aan die gruweldade wat hulle verduur en hoe hulle dubbel kwesbaar is vanweë hul geslag én geloof. Nogtans sien ons ’n toename in vroue wat vas staan ten spyte van hul lyding. Maar hoe word ’n mens versterk en bemoedig nadat jy ’n slagoffer van vervolging was? Die antwoord: Jou hulp, gebede en ondersteuning – dit is wat nodig is. Dit is wat vir vroue soos Sarata* help, beskerm en hoop gee.

Sarata het beide haar man en haar dogter aan die hande van Boko Haram verloor. Dié ekstremistiese groep het in 2013 begin om oor die grens van Nigerië in Kameroen te beweeg waar hulle vandag nog Christene verskrik soos in noordoostelike Nigerië.

Sarata se man is in 2014 dood as gevolg van die voortdurende stres en vrees van dreigende aanvalle wat Boko Haram op haar dorpie geloods het. Hy het ʼn hartaanval gehad en is dood. Op Donderdag, 13 September 2019 was Sarata en haar kinders op pad na hul plaas toe, toe Boko Haram hulle weer ʼn keer aangeval het.

“Ons het vroeg die oggend uitgegaan na ons velde wat in die bos is. Die kinders het voor ons uitgehardloop uit sig uit. Ons het toe Boko Haram-soldate teëgekom. Hulle het verby ons beweeg sonder om iets aan ons te doen. Maar toe hulle ver voor ons was, het ons geweerskote gehoor. Ons het baie bang geword. Hulle het daar voor ons geskiet, waar my kinders was.

“Ek het bang geword want iemand is verseker doodgemaak… en die kinders het vooruitgegaan. Ek het gesien hoe hulle mense jaag. Ek het selfs banger geword. Toe hulle na my toe kom het hulle gevra: ‘Waarheen gaan jy? Was jy bang vir die kinders se onthalwe?’ Ek het geantwoord: ‘Ja!’ Ek was seker dit was die kinders wat hulle doodgemaak het,” het Sarata gedeel.

Sarata se vrese is bevestig. Die soldate het probeer om haar dogter Lydia te ontvoer maar sy het teruggeveg en hulle het haar doodgeskiet.

Na al die trauma wat sy ervaar het, het Sarata gesukkel met die Woord van God, maar sy het nie die Woord versaak nie, en die ouderlinge van die kerk in haar dorpie is trots op haar daarvoor.

Ons dank die Here dat die kerk in Sarata se dorpie voortgaan om die weduwees en ander slagoffers met traumasorg te bedien, te midde van die vrees en onsekerheid oor wanneer Boko Haram weer sal toeslaan.

Sarata het nog ʼn hele ent om te gaan voor sy regtig deur die trauma gewerk het. “Ek wil my gesondheid terughê sodat ek weer vrede kan hê. Ek wil hê dat hierdie gedagtes moet weggaan. Daardie herinneringe pla my voortdurend. Ek weet nie wat om te doen nie.”

Gelukkig, met jou ondersteuning en gebede, was ons in staat om Sarata met finansiële noodleniging te help om haar swaar stryd te verlig. “Met die geld wat ek ontvang het, het ek vir die kinders se skool en vir die plaaswerk betaal. Ek het kos gekoop en ek het ook gespaar, ingeval iemand siek raak… dit help my baie. Ek bedank julle want julle het gekom om ons te help. Dankie, dankie! Al wat ek regtig vir julle kan se is dankie.”

Terwyl geweld teen Christene regoor Afrika toeneem, vir Christen soos Sarata, het hoop ook toegeneem omdat Christus opgestaan het en omdat mense soos jy genoeg omgee om op te tree. Jy help om vroue soos Sarata met krag en hoop te vul. Geopende Deure se visie, tesame met jou ondersteuning, is om Christene te help om te groei in sterk, veerkragtige gemeenskappe wat omgee en vrugte kan dra ten spyte van die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Dit sluit in om hulle te versorg deur in hul fisiese en emosionele behoeftes te voorsien deur dinge soos ons teenwoordigheidbediening, noodleniging, traumasorg en inkomste-ondersteuning.

Vroue soos Sarata benodig steeds traumasorg en moet ʼn manier vind om op die veiligste manier moontlik ʼn volhoubare bestaan te voer. Vandag kan jy help om ʼn verskil te maak in haar en baie ander gelowiges se lewens in sub-Sahara Afrika. Jy kan help om hoop te bring hierdie Paasfees en te verseker dat selfs al word hulle vervolg, is hulle nooit alleen nie. Kliek hier om hulle te ondersteun.

Verteenwoordigende name en foto’s gebruik vir sekuriteitsredes.

 

Back To Top
Soek