Geskenk 3: Bemagtig vroue om tydens vervolging standvastig te bly
R250.00 – R2,000.00
Jy kan vroue bemagtig om standvastig te bly wanneer hulle vervolg word. Jou geskenk vandag sal hulle ondersteun met noodleniging, veilige behuising en hulp om Bybelkennis op te doen. Met dié bystand kan hulle in geloof groei en praktiese vaardighede aanleer om ʼn inkomste te verdien.
Beskrywing
Christen-vroue en -meisies word met vervolging as seksuele voorwerpe en bronne van skaamte geteiken. Hulle word onderwerp aan seksuele geweld, gedwonge huwelike en mensehandel. Dié vroue, afkomstig vanaf uiteenlopende globale streke, word dikwels gebruik om Christelike gesinne en gemeenskappe te straf. Deur dié geskenk van hoop word vroue en meisies gehelp om standvastig te bly in hul geloof en ook toegerus om vervolging te weerstaan.
“My droom is om te sien dat alle vroue, veral vroue in die vervolgde Kerk, goed gewortel is in hul geloof en met hoop en waardigheid leef,” sê Humaira*, leier van Geopende Deure se Vrouebediening in Asië.
Jy kan vroue bemagtig om standvastig te bly wanneer hulle vervolg word. Jou geskenk vandag sal hulle ondersteun met noodleniging, veilige behuising en hulp om Bybelkennis op te doen. Met dié bystand kan hulle in geloof groei en praktiese vaardighede aanleer om ʼn inkomste te verdien.
R250 kan een vervolgde vrou met noodleniging en veilige behuising ondersteun.
R800 kan een vrou van Bybelse opleiding en praktiese vaardighede voorsien.
R2 000 kan een vervolgde vrou vir vyf dae se inkomste-genererende opleiding stuur.
*Skuilnaam gebruik
**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.
Additionele Informasie
Gift | R250 kan een vervolgde vrou met noodleniging en veilige behuising ondersteun, R800 kan een vrou van Bybelse opleiding en praktiese vaardighede voorsien, R2 000 kan een vervolgde vrou vir vyf dae se inkomste-genererende opleiding stuur |
---|