Skip to content

Tweede bomaanval, in twee weke, ruk Mogadisjoe in Somalië

Op die 28ste Oktober 2017, het Islamitiese ekstremiste van Al-Shabaab, ʼn bom laat afgaan in Somalië wat die lewens van 27 mense geëis het. Die aanval kom twee weke na ʼn dubbele bomaanval waarin meer as 350 mense in dié stad dood is.

Volgens ʼn kontak van Geopende Deure, “Het die millitante, helder oor dag, ʼn motorbom laat ontplof buite die hotel waar politici byeen sou kom, voordat hulle die hotel binne gestorm het, gyselaars geneem het en mense doodgemaak het. Baie van die oorledenes is kinders.”

Dit is onder ons aandag gebring dat verskeie Christene in die aanval dood is, en dat agt ander vermis word.

ʼn Somaliese gelowige het gesê, “Dié onlangse aanvalle raak die inwonersbaie diep. Hoop het stadigbegin terugkeer na die land. Ons kon in die aand rondloop vir inkopies in sekere dele van die stad, maar nou is vrees terug. Bid asseblief vir ons.”

Bid asseblief vir diegene wat geraak is deur beide van die aanvalle, en ook dat die vermiste Christene die Here se hand oor hulle sal voel en spoedig gevind sal word. Bid dat die Here hierdie aanvalle, wat Al-Shabaab gebruik het vir boosheid, ten goede sal laat mee werk en baie na Hom toe sal laat nader.

Somalië is tans die #2 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging die ergste is.

Dankie vir jou gebede.

Back To Top
Soek