Skip to content

Tronklewe in Noord-Korea

Die meeste van ons het nog nooit ʼn lewe agter tralies beleef nie. Wanneer ons dink oor ons geloof en die uitleef daarvan, dink ons nie eers hoe dit moet wees om dit vanuit die tronk uit te leef nie. In verskeie lande op die Wêreldwaarnemingslys word talle mense wat in die tronk is volgens hul vonnis behandel. Maar wat as daardie aanklag bloot jou geloof in Jesus is? En wat as daardie land Noord-Korea is? Het jy al ooit gewonder hoe dit moet wees om ʼn Christen in Noord-Korea te wees? Hierdie storie is gebaseer op die ware gebeure van ʼn Noord-Koreaanse Christen wat eers tronk toe gestuur is, en daarna na ʼn heropvoedingskamp. Haar naam is Gevangene 42, en sy vertel haar storie…

“Jou naam is die eerste wat hulle vat.

Dan vat hulle jou vryheid.

Hulle vat jou gesondheid.

Hulle vat die teenwoordigheid van ander mense weg.

Hulle vat jou klere.

En jou hare.

En eindelik, vat hulle die daglig weg.

“Druppel vir druppel, soos ʼn kraan wat droog loop, word jy gelos met niks anders as jou eie gedagtes en liggaam nie –  beide sal mettertyd uitgewis word deur hierdie plek.”

Kyk gerus na die video hieronder vir meer oor haar storie:

(Video slegs in Engels beskikbaar)

Gevangene 42 se storie vind elke dag plaas vir duisende mense regoor Noord-Korea. Volgens Geopende Deure is daar na beraming sowat 50 000 tot 70 000 Christene in Noord-Korea wat vir hul geloof opgesluit is. Noord-Korea is vir die 20ste agtereenvolgende jaar aangewys as die gevaarlikste land om ʼn Christen in te wees.

Deur geheime netwerke in China, voorsien Geopende Deure geestelike en fisieke ondersteuning aan Christene wat dit regkry om hul pad na ʼn skuilhuis te vind. Met jou gebede en ondersteuning kan gelowiges soos Gevangene 42 oorleef, te danke aan die  noodleniging wat hulle met jou hulp ontvang. Hierdie dinge versterk die groeiende ondergrondse Kerk in Noord-Korea, en is ʼn bewys dat lewende water nooit afgesny kan word nie. Dit is die krag van die Evangelie van Jesus Christus en die geheime erfenis van geloof, wat oorgedra word van een geslag na die volgende in hierdie land.

Jy kan ook deel wees van dit wat God besig is om in Noord-Korea te doen, en duisende geheime gelowiges soos Gevangene 42 versterk. Kliek hier en raak vandag betrokke by Geopende Deure, en maak seker dat hulle selfs al word hulle vervolg, hulle nooit alleen is nie.

 

Back To Top
Soek