Skip to content

Vroue van die vervolgde Kerk: Jenny

Jenny is ʼn 12-jarige meisie van die Filippyne. Sy is deel van een van die armste stamme in haar gemeenskap. Onder die 13 Moslem-stamme in haar streek is hare die een waarteen die meeste gediskrimineer word.

Geleenthede vir onderwys is ver buite hul bereik. Om hierdie rede trou baie van die jong meisies op ʼn jong ouderdom, dikwels sodra hulle puberteit bereik. Sulke huwelike belemmer die potensiaal van baie jong vroue.

Op skool ervaar Jenny diskriminasie van veroordelende klasmaats en onderwysers weens haar stam-agtergrond en geloof in Jesus. “Hulle behandel my sleg en hou nie van my nie. Ek hoor ook die gemene dinge wat hulle oor my en my familie sê.”

Jenny en ander meisies soos sy het nie veel vooruitsigte vir hul toekoms gehad nie.

Dit is hoekom Geopende Deure se plaaslike vennote ʼn geletterdheidsklas daar begin het – om vir Jenny en ander soos sy die geleentheid te bied om oor ʼn ander toekoms te droom.

Nou word sy, danksy die geletterdheidsprogram, toegerus met die nodige hulpmiddels om akademies te presteer. ʼn Helder vlam brand in haar hart – en nou kan sy groot droom.

Vandag is Jenny een van die topstudente in haar klas. “Ek kan nou goed lees en skryf en goed presteer in my skoolwerk. Die geletterdheidsklas het baie kinders gehelp en inspireer ons om groot te droom, met die wete dat Jesus by ons is,” deel Jenny.

“Ek wil ʼn verskil in ander mense se lewens maak en ʼn onderwyser word. Ek wil ook ʼn jeugleier in ons huiskerk word en ander help om in hul geloof te groei.”

Jy kan gelowiges regoor die wêreld ondersteun wat diskriminasie en vervolging in die gesig staar. Jou geskenk vandag kan gelowiges help met dissipelskap, opleiding, opvoeding en meer – gee hulle ʼn hoop en ʼn toekoms.

Name changed, and representative image used for security reasons.

Back To Top
Soek