Skip to content

Sri Lanka; terugvoer van ons medewerkers

Op 21 April 2019, is Sri Lanka lam gelê deur van die dodelikste Paasfeesaanvalle op Christene in die geskiedenis. Meer as 200 mense is dood, terwyl 450 beseer en talle steeds vermis is. Dit is duidelik dat hierdie aanvalle duisende mense affekteer wie se lewens nooit weer dieselde sal wees nie.

Een van ons medewerkers Liyoni*, vertel dat in Batticaloa, waar een van die aanvalle plaasgevind het, die selfmoordbomaanvaller nie oorspronklik die bom beplan het vir die Zion Kerk nie. Hy het na ʼn welbekende Katolieke kerk gegaan, maar “hul altaardiens is reeds die vorige aan gehou.”

 “Toe hy by die Zion Kerk was, het dit gelyk asof hy vir iemand wag,” sê Liyoni. “Toe iemand hom uitvra, het hy gesê dat hy vir sy sieklike ma wag, en navraag gedoen oor wanneer die genesingsdiens sou begin.”

Verskeie mense – insluitend die pastoor se vrou – het die oggend met hom gepraat. Een man het opgemerk dat hy buitengewoon baie sweet. Baie mense het hom aangemoedig om in die kerk in te gaan, om bietjie te sit en sy rugsak af te haal. Die bom het buite die kerk afgegaan. Ongelukkig is die “meeste ongevalle kinders, omdat hulle van die Sondagskool afgekom het vir ontbyt.”
 
Een van die ander plaaslike medewerkers, Sunil*, sê, “Ek het nooit gedink so tragedie sou ons oorkom nie. Mense is geskok… Ons is steeds besig om die praktiese behoeftes te bepaal van die Christene wat geraak is. Op hierdie oomblik is ons grootse behoeftes egter gebed. Bid dat mense nie ontmoedig sal wees deur hierdie aaklige aanvalle nie.”

Bid asseblief vir fisieke, sielkundige en geestelike genesing,” sê Liyone. “Bid vir God se krag en vertroosting oor diegene wat geraak word.

“Baie dankie vir jou liefde en gebedsondersteuning.”

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek