Projek Pêrel deur die oë van China se jong gelowiges
18 Junie 2021 was veertig jaar sedert Projek Pêrel gesorg het vir die aflewering van een miljoen Bybels aan China in een nag. Sedertdien was daar tye van relatiewe vryheid vir Christene in China. Vandag word godsdienstige beperking weereens op Christene opgelê om die fenomenale groei van die Kerk te kniehalter. Ons het met Xiao Chen gepraat wie daar was die nag toe die Bybels in China ingesmokkel is.
Xiao Chen* was op die strand toe Projek Pêrel op 18 Junie 1981 uitgevoer is. “Dit was baie donker. Ek kon byna niks in die see sien nie. My ouer broer het my na die strand geroep. Ongeveer 500-600 mense het op die strand gewag. Ek het nie geweet wat aan die gebeur was nie. Ek was maar ʼn tienerseun!
“Ek onthou ʼn reuse skip sonder vlae wat besig was om stadig die hawe te nader. Almal op die strand was baie angstig. Toe het ʼn klein rubberboot van die skip af nader gekom. Ek het gesien hoe my ouer broer ʼn bootjie na die skip roei en met ʼn buitelander, wat dalk die kaptein kon wees, praat. Die rubberboot het ʼn vol vrag bokse gehad. Nadat die inhoud van die bokse op die stand afgelaai is, het hulle die proses herhaal om nog ʼn rubberboot vol bokse te trek. Daar was tallose aantal bokse. My ouer broer het nie vir my gesê wat hulle besig was om te doen nie,” het Xiao Chen gesê.
Na ʼn paar uur het die soldate met fakkels na die strand gehaas. Xiao Chen het nie geweet wat gebeur nie. Sy ouer broer het vir hom gesê om te hardloop. “Ek het so vinnig as wat ek kan gehardloop. Ek het ook vir ander broers gesê dat hulle nie strand toe moet kon nie. Meer en meer broers en susters was op pad omdat hulle gehoor het dat daar iets waardevols was om op te tel.”
Toe hy gevra is of hy op daardie oomblik bang was, het Xiao Chen gesê: “Ek het nie geweet wat gebeur het nie. Later het ek geweet dat die bokse vol Bybels was. ʼn Bybels was ʼn wonderwerk vir ons!”
Hierdie eenvoudige tiener seun het ’n miljoen wonderwerke beleef, bekend as Projek Pêrel. Elke wonderwerk was in reaksie op die vurige gebede van Chinese Christene en hulle honger vir God se Woord.
Nou, veertig jaar vorentoe en drie jong Christene in China deel oor hou hulle oor die Bybel voel:
Wanneer het jy jou eerste Bybel gekry?
Ma Guiying*: Kort nadat ek ʼn Christen geword het. Ek wou so graag ʼn Bybel lees maar het nie geweet waar ek ʼn kopie kon koop nie, so ek het die skoolbiblioteek besoek en daar een gekry. Ongelukkig kon ek dit nie uitneem nie, so ek het begin om elke dag na die biblioteek te gaan om daardie kopie te lees. Die pastoor van my kerk het hiervan gehoor en my eerste Bybel vir my gegee.
Het ouer Christene al ooit gepraat oor Bybels wat moeilik bekombaar was toe hulle jonk was?
Sun Qingling*: Ja, party ouer broers en susters het gesê dat toe hulle Christene geword het was daar geen Bybels nie. Hulle het bymekaar gekom en heelnag wakker gebly om Bybels met die hand oor te skryf.
Het ouer Christene wat jy ken ooit gepraat oor Bybels wat in China ingesmokkel is?
Zhang Ming*: Ja, hulle het gesê dat rondom daardie tyd amper alle Bybels ingemokkel is en dat hulle almal soos die oseaan ruik!
Is jy bekommerd dat dit dalk in die toekoms weer mag moeilik raak om toegang tot Bybels te kry?
Ja. Selfs nou is dit byna onmoontlik om ʼn Bybel aanlyn of in ’n boekwinkel te koop. Die volgende stap sal seker wees om die druk van Bybels te stop of minstens te beperk, of dat Bybels slegs verkoop word op voorwaarde dat die koper se ID en, is sommige gevalle, se adres en kontakbesonderhede opgeskryf word.
Vir wat kan Christene om die wêreld bid vir China?
Zhang Ming*: Bid asseblief saam met ons vir China. Vra God om mense se harte voor te bereid en om deure vir Chinese Christene te open. Bid vir ʼn toename in werkers en oesters vir die Evangelie. Bid dat God meer jong gelowiges sal oprig om die Evangelie te versprei.
Vra vir ʼn ontwaking onder Chinese etniese minderhede en vir meer werkers om in kruiskulturele sending betrokke te raak.
Vra God om die boosheid en die duistere werk van die vyand in hierdie land te vernietig, en om die gees van verwarring en chaos stil te maak wat so baie blind gemaak het vir die waarheid.
Vra ook dat ten spyte van al die vyandigheid en skeiding in die samelewing, Christene verenig sal wees! Bid laastens ook dat die seëning wat ons ontvang deur die res van die wêreld mag vloei!
Deur gebede en totale onderwerping aan God was Projek Pêrel se aflewering van een miljoen Bybels aan China ʼn katalisator vir ’n groot herlewing in China. Baie gelowiges in verskillende streke het hulle eie Bybels ontvang, baie kerke het ontstaan, duisende mense het Jesus aanvaar en baie leiers is gebore. Die jong generasie van China pluk ook die vrugte van hul ouer broers en susters se geloof, en die Evangelie van Christus bereik steeds baie jongmense in China vandag.
Jy kan deel van hierdie pragtige verhaal wees deur jou gebede en ondersteuning. Geopende Deure is toegewyd om voor te gaan om Bybels aan talle lande regoor die wêreld te versprei – fisiese en digitale kopieë. Jy kan deel wees van Geopende Deure se kritiese projekte wat die wêreldwye Liggaam van Christus sal beïnvloed van nou totdat ons Here Jesus terugkeer. Kliek hier om saam met ons te werk om te verseker dat die Woord van God die uithoeke van die aarde bereik.
*Name weens sekuriteitsredes verander.