Skip to content

31 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

IRAN - Bid vir bekering en transformasie by Iranse amptenare, veral diegene wat intimidasie en vals beskuldigings gebruik om die Kerk en huiskerke te onderdruk.

Lees verder

30 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

IRAN - Bid vir alle Christene in Iran wat in die tronk is. Mag hulle die teenwoordigheid van die Heilige Gees aanvoel, in hoop versterk word en in die waarheid standvastig bly.

Lees verder

29 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

IRAN - Bid vir wysheid en moed vir Hakob se regsadvokate en dat deure internasionaal sal oopgaan om aandag op sy saak te vestig. God, ons tree in vir ons broer, Hakob, en vra U om in te gryp in…

Lees verder

28 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

IRAN - Iran se Hooggeregshof het Hakob se twee appèlaansoeke vir ʼn herverhoor verwerp. Bid dat geregtigheid sal seëvier, met Iranse owerhede wat hierdie vals skuldigbevinding omkeer en hom onmiddellik vrylaat.

Lees verder

27 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

IRAN - Bid saam met Hakob Gochumiyan, ʼn Armeense Christen wat ʼn vonnis van tien jaar in Iran uitdien. Hakob ervaar ernstige mishandeling, insluitende doodsdreigemente. Vra God om in te gryp.

Lees verder

26 Oktober 2025

BANGLADESJ - Bid dat God Nahid se droom sal verwesenlik om ʼn biblioteek by sy kerk te stig, waarheen baie mense kan kom om God te leer ken en die Bybel te bestudeer.

Lees verder

25 Oktober 2025

BANGLADESJ - Ná die dissipelskapprogram kan Nahid reageer op die toenemende ondersoeke en vrae van familielede en vriende. Bid vir moed om die Here getrou en sonder vrees te bly dien.

Lees verder

24 Oktober 2025

Bid vandag saam met jou broer, Nahid Babu. Hy is deel van die eerste groepe studente wat gegradueer het van ʼn jeugdissipelskapprogram wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote gelei is.

Lees verder

23 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

Die polisie het ander leiersfigure en personeel van ʼn huiskerk in Wes-China vir ondervraging ontbied. Die kerk het ʼn goeie reputasie regoor China. Bid dat God hierdie kettings sal losmaak.

Lees verder

22 Oktober 2025

  • Corrin Durrheim

Die senior leier van ʼn huiskerk in Wes-China is deur polisiebeamptes uit sy huis geneem en onregverdig beskuldig. Ons vennoot in die veld deel: “Julle dringende gebede is nodig om die kerk en sy lede wat vir hul geloof ly,…

Lees verder
Back To Top
No results found...