25 Oktober 2025
BANGLADESJ - Ná die dissipelskapprogram kan Nahid reageer op die toenemende ondersoeke en vrae van familielede en vriende. Bid vir moed om die Here getrou en sonder vrees te bly dien.
BANGLADESJ - Ná die dissipelskapprogram kan Nahid reageer op die toenemende ondersoeke en vrae van familielede en vriende. Bid vir moed om die Here getrou en sonder vrees te bly dien.
Bid vandag saam met jou broer, Nahid Babu. Hy is deel van die eerste groepe studente wat gegradueer het van ʼn jeugdissipelskapprogram wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote gelei is.
Die polisie het ander leiersfigure en personeel van ʼn huiskerk in Wes-China vir ondervraging ontbied. Die kerk het ʼn goeie reputasie regoor China. Bid dat God hierdie kettings sal losmaak.
Die senior leier van ʼn huiskerk in Wes-China is deur polisiebeamptes uit sy huis geneem en onregverdig beskuldig. Ons vennoot in die veld deel: “Julle dringende gebede is nodig om die kerk en sy lede wat vir hul geloof ly,…
ARABIESE SKIEREILAND - Vra vir God dat Sy mense Sy stem sal hoor en Hom sal gehoorsaam. Vader, ons bid dat U só tevrede met hulle sal wees dat selfs hul vyande hulle goed sal behandel.
ARABIESE SKIEREILAND - Bid vir versagte harte en oop gemoedere by diegene in magsposisies. Vra vir God om aan Sy volgelinge guns by die owerhede te skenk, soos in die Skrif gesien kan word.
ARABIESE SKIEREILAND - Bid vir ons broers en susters om in Christus te bly, daagliks te bid en op Sy Woord te steun. Bid dat hulle nie sal swig voor vrees en bekommernisse nie (Fil. 4:6).
ARABIESE SKIEREILAND - ʼn Groep dissipelmakers en hul vriende vra ons om te bid, aangesien Christene in die Arabiese Skiereiland gevra word om hul onderskeie lande te verlaat. Bid vir gelowiges en kerke wat geplant is om hierdie druk te…
Aan die einde van ʼn satelliet-Bybelskoolprogram ontvang studente ʼn sertifikaat, wat hulle in staat stel om in plaaslike kerke te dien en kerke te plant. Bid dat die tyding hieroor sal versprei.
Prys God vir ʼn plaaslike vennoot se satelliet-Bybelskoolprogram wat mense in landelike gebiede bereik wat dit nie kan bekostig om vir voltydse opleiding te reis nie.