26 Mei 2025
SIRIË - Bid dat Christene gekies sal word om ʼn beduidende en positiewe rol te speel in die voorbereidings vir die opstel van Sirië se nuwe grondwet. Christen-leiers het gevra om deel te neem. Bid vir guns.
SIRIË - Bid dat Christene gekies sal word om ʼn beduidende en positiewe rol te speel in die voorbereidings vir die opstel van Sirië se nuwe grondwet. Christen-leiers het gevra om deel te neem. Bid vir guns.
SIRIË - Gaan voort om vir Sirië en die Kerk daar te bid. Ons veldspan rapporteer dat misdaad in dié Arabiese land groei, strate is leeg in die aande. Bid vir ʼn einde aan die kriminele aktiwiteite en vir herstel.
SENTRAAL-ASIË - Bid vir Christene in Sentraal- Asië wat Jesus volg, en groeiende begrip van hul roeping en sending te midde van die Moslemmeerderheidsbevolking.
SENTRAAL-ASIË - Daniel het die afgelope tien jaar spandeer om God se Woord in ʼn land met beperkings in te bring en vra spesifiek vir gebede vir God se volgehoue beskerming. “God het elke keer deurgekom. Ja, elke keer,” sê…
SENTRAAL-ASIË - Prys die Here vir Daniël*, wat onlangs 25 jaar as Bybelsmokkelaar vir Geopende Deure gevier het. “Ek gebruik my ervaring en vaardighede om die Bybel op kreatiewe maniere na vervolgde gelowiges te bring,” sê hy.
SENTRAAL-ASIË - Alim se ouers, broers en susters lei ʼn groot Christelike bediening in ʼn land met ʼn Moslem-meerderheid. Bid dat God sy hand op hulle en hul diens sal hou.
SENTRAAL-ASIË - Alim is nou in ʼn nuwe kollege. Hy is versigtiger oor met wie hy praat, maar hy bly ʼn getuie. “Ek kan nie ophou om oor Jesus te praat nie,” sê hy. “Ek sien dat mense Hom nodig…
SENTRAAL-ASIË - As gevolg van die stres wat Alim ervaar het, het hy ernstige hoofpyne en verloor hy glo grootliks sy gehoor. Bid vir sy fisiese genesing en doeltreffende behandeling.
SENTRAAL-ASIË - Bid saam met die 16-jarige student, Alim, wat weens sy geloof uit sy kollege geskors is. Hy het sy kamermaats en selfs onderwysers se geheime vrae oor sy geloof beantwoord, wat uiteindelik tot sy skorsing gelei het. Vra…
PALESTINA - Bid vir hoop en vrede vir die Christene wat in Gasa agtergebly het – dat God hulle en hul toekoms sal lei soos net Hy kan doen. Bid dat Hy dié wat oorbly, sal versterk (Openbaring 3:2).