Skip to content

Pastoor deur ʼn groep misdadigers vermoor

Op die aand van 9 Februarie is Pastoor Leider Molina (24) deur vyf geweerskote getref wat sy lewe vinnig tot ʼn einde geruk het. Die moord het plaasgevind toe die pastoor die kerk verlaat het na sy preek in die Caucasia-munisipaliteit in die Antioquia-staat, in die noordwestelike deel van Colombië.

Dit is dieselfde streek waarin Pastoor Galarza, ʼn sosiale en godsdienstige leier twee jaar vantevore, voor sy gesin doodgeskiet is. Die kerk in hierdie area is vreesbevange, met sommige gelowiges wat selfs met hul families gevlug het.

Die gewelddadige dood van Pastoor Leider, weerspieël die moeilike situasie wat die Kerk in Colombië in die gesig staar. Hulle moet die woord van Christus verkondig te midde van ʼn kruisvuur waar onwettige, gewapende groepe wat die dwelmhandel-roetes en onwettige aanplanting van dwelmgewasse beheer, Christenskap beskou as die vyand wat uitgewis moet word.

Te danke aan die prediking en dapper optrede van kerkleiers en pastore in die area, het talle jongmense al die gewapende konflik en onwettigheid versaak. En waar die Kerk ʼn sterk teenwoordigheid handhaaf, is mense minder geneig om deel te word van kriminele aktiwiteite.

Bid asseblief saam met ons vir Pastoor Leider en Galarza se families wat rou oor hul dood.
Bid ook vir krag vir ons broers en susters in Colombië wat vervolging ervaar omdat hulle ʼn skynende lig is vir Christus te midde van geweld en onwettige bedrywighede in die land.

Dankie vir jou volgehoue gebede!

Back To Top
Soek