ʼn Noemenswaardige oomblik vir die Midde-Oosterse Kerk
In aanloop tot die voorlegging van die Een Miljoen Stemme van Hoop-petisie aan die Verenigde Nasies, bied Geopende Deure op Saterdag, 9 Desember ʼn gebedsbyeenkoms in New York aan.
Alhoewel hierdie geleentheid in New York plaasvind, doen ons ʼn beroep op vriende soos jy om saam met ons in gebed te tree op die 9de, asook gedurende die volgende week waarin die petisie oorhandig word. Jy kan op jou eie bid, of ʼn gebedsbyeenkoms reël net waar jy is, vir gebed vra op jou sosiale media of via epos, en sodoende die Liggaam van Christus mobiliseer om saam met ons te staan.
Die petisie-self, sal op 11 en 12 Desember by verskeie hoë-vlak vergaderings by die VN, voorgehou word. Bid asseblief dat wanneer ons die saak vir ons vervolgde broers en susters in die Midde-Ooste voorlê, dit met guns ontvang sal word.
Bid vir ons span wat as stem optree namens ons Midde-Oosterse familie. Bid vir ʼn gunstige uitkoms sodat ons broers en susters veilig kan terugkeer na hul tuislande. Ook dat God die harte sal oopmaak van diegene wat die mag het om die nodige veranderinge te maak om te verseker dat ons broers en susters ʼn plek het wat hulle huis kan noem.
Dankie dat jy intree vir hulle, beide in gebed en met jou handtekening!