Skip to content

Dit is waarvoor ons vra

Aan die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies:

Die mense van Sirië en Irak staar ontsaglike lyding in die gesig, vanweë jare lange oorlog en gewelddadige onrus. Ons glo dat die lewens, bestaansmiddele en vryheid van alle mense in Sirië en Irak beskerm en gewaarborg moet word. Dit sluit die Christene in.

In beide van hierdie lande speel die Kerk al vir byna 2,000 jaar ʼn rol van uiterse belang in die samelewing en is vasberade om ʼn plek van hoop en ontferming te wees vir die jare wat kom. Tog word Christene steeds vervolg en deur aansienlike geweld geteiken; dringende verandering is nodig om vir hulle ʼn toekoms in hulle tuislande te verseker.

Ons kan nie net bystanders wees terwyl Christene en ander in die Midde-Ooste ongehoorde bedreiging in die gesig staar nie. Ons moet vir hulle hoop gee.

Daarom, versoek ons u om in te tree as bemiddelaar vir Christene en ander godsdienstige groepe in Sirië en Irak deur te:

  • Verseker dat die huidige en toekomstige regsraamwerk in Sirië en Irak die gelyke en onvervreembare regte van al hulle burgers, afgesien van ras, geloof of ander status, ten volle bevorder en beskerm.
  • Verseker dat lewensomstandighede waardig en aanhoudend verbeter word ten bate van alle burgers, maar veral vir vlugtelinge wat terugkeer en vir interne ontwortelde persone – insluitend die voorsiening van behoorlike behuising, onderwys en werksgeleenthede.
  • Verseker dat godsdienstige leiers en geloofsgebaseerde organisasies geïdentifiseer word om ʼn konstruktiewe en sentrale rol te speel in die versoening en herbouing van beide die Siriese en Irakkese samelewings.
Klik hier om ‘n hardkopie petisievorm af te laai Petisie V&A

Dankie vir jou ondersteuning vir die Een Miljoen Stemme van Hoop Petisie!

Die petisie is nou gesluit en sal teen die 12de Desember 2017 by die Verenigde Nasies in New York voorgehou word. Hou ons webwerf en sosialemedia dop vir verdere inligting en terugvoer oor die veldtog.

Dra asseblief steeds ons broers en susters in die Midde-Ooste op in jou gebede. Baie dankie!

Petisie V&A

Siriese en Irakkese Christene het vir ons insig gegee in wat gedoen moet word om vir hulle ʼn toekoms in hulle lande te verseker. Hierdie werklik wêreldwye petisie is ʼn praktiese manier om te verseker dat hulle stemme gehoor en hulle toekoms gewaarborg word.

In Desember 2017, gaan die Internasionale Geopende Deure-span en vennote hierdie petisie aan die nuwe Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies (VN) voorhou – die één persoon wat toesig het oor al die kwessies wat geopper word. Dit sal ʼn reuse impak maak indien ons dit op hulle agenda kan kry aan die begin van hulle ampstermyn. Verder sal kollegas en vennote om die wêreld heen ook hierdie noodkreet opper teenoor dié wat werklik op grondvlak ʼn verskil kan maak.

So ʼn noemenswaardige getal sal die impak vergroot wanneer ons dit aan die nuwe Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies (VN) in Desember 2017 voorhou. Verder sal dit ook ʼn duidelike boodskap aan Christene in die Midde-Ooste stuur dat hulle nie vergete is nie, maar dat hulle kan aansluit by soveel ander om die wêreld heen wat namens hulle voorspraak maak.

Te danke aan almal wat ons Red Sirië-petisie in 2013 geteken het, is Christene deur die VN herken as ʼn besonders kwesbare groep in die Siriese krisis. Maar nou wil Christene in Sirië en Irak hê dat mense op die hoogste vlakke moet besef watter bydrae hulle kan maak tot die positiewe herbouing van hulle nasies. Hulle wil ʼn rede hê om te bly – ʼn kans om huis toe te gaan. En hiervoor benodig hulle ʼn versekerde sin van hoop vir die toekoms: gelykheid, waardigheid en verantwoordelikheid.

Meer as 300,000 mense het ons 2013 Red Sirië-petisie geteken. Die lyding wat Christene in Irak en Sirië in die gesig gestaar het, is deur die VN herken en het wyd bekend geraak. In 2010 is die “Right to Believe”-petisie deur meer as 428,000 mense onderteken – ʼn veldtog teen die VN se ‘belastering van gelowe’-voorstel. Hierdie voorstel is sedert 2012 nog nie weer ter tafel gelê nie – ʼn groot oorwinning vir geloofsvryheid.

Hierdie veldtogte is ʼn bewys van hoe voorspraak ʼn werklike verskil kan maak. Saam met jou is ons stem harder en duideliker wanneer ons dié nader wat geposisioneer is om seker te maak dat die aanbevelings van hierdie veldtog gehoor word. Bowendien het ons ook ʼn Advokaat in die hemel – gebed en voorspraak is ʼn kragtige en belangrike kombinasie.

Dit is nie nodig om jou eposadres te verskaf indien jy reeds kommunikasie van Geopende Deure ontvang nie; ons sal jou deur ons gewone kommunikasie op hoogte hou van die veldtog. Indien jy nog nie kommunikasie ontvang nie, sal ons jou graag op hoogte wil hou van nuus oor die veldtog en wat met Christene in Sirië, Irak en ander dele van die wêreld gebeur. Jou adres sal nie met enige derde party gedeel word nie.

Tussen September 2015 en April 2016 het ons uitgebreide konsultasies met Christene in Sirië en Irak gehad om te vas te stel hoe hulle hul rol in die samelewing verstaan en hoe ons saam met hulle kan staan. Die gevolglike aanbevelings het die inhoud van dié petisie bepaal.

Lig asseblief jou stem na ons Advokaat in die hemel en bid vir Christene in Sirië en Irak. Jy kan ook voorspraak maak en jou vriende en familie vra om die petisie te onderteken. Verder kan jy ook ʼn donasie maak om voortdurende praktiese ondersteuning aan ontwortelde families in Sirië en Irak te voorsien.

Geopende Deure is aktief in meer as 60 lande en verskaf Bybels, dissipelskap en bestaansopleiding, traumasorg en noodleniging om sodoende Christene wat vir hulle geloof vervolg word te ondersteun.

Back To Top
Soek