Skip to content

Indonesiërs is op pad na die stembusse

Streeksverskiesings vind vandag plaas in Indonesië. Meer as helfte van die land se bevolking (sowat 152,066,685 mense), is geregistreer om te stem vir nuwe uitvoerende hoofde vir 17 provinsies, 115 streke en 39 stede.

Verlede jaar Desember, het die onversetlike Islamitiese groep, Islamic Defenders Front, tydens ʼn saamtrek, ʼn beroep gedoen op Indonesiërs om tydens hierdie verkiesing, asook die 2019 presidensiële verkiesing, slegs vir Moslems te stem. Hierdie beroep het gekom, ʼn jaar nadat die Christen-goewerneur van Jakarta, Basuki Tjahaja Purnama (Ahok), van naamskending beskuldig is.

Uitlatings soos dié van die Islamic Defenders Front is kommerwekkend, veral nadat ʼn onlangse studie aangedui het, dat ʼn groeiende aantal Indonesiese studente ʼn Islamitiese siening aanhang. Vroeër die jaar het Thomas Muller, vervolgingsanalis by World Watch Monitor, gesê, “Die streeksverkiesings wat plaasvind, sal waarskynlik ʼn eerste aanduiding wees van hoe invloedryk radikale groepe geword het.”

Bid asseblief vir die streeksverkiesings wat vandag plaasvind – bid vir vrede om te seëvier wanneer die mense stem, dat hulle sal wegbly van godsdienstige eksklusivisme, en dat hulle eerder sal stem vir die leiers wat sal help om Indonesië te laat groei, ongeag van hul geloof. Bid dat die invloed van Islamitiese groepe sal afneem en dat daar meer aanvaarding vir godsdiens minderhede, soos Christene, in die land sal wees.

Indonesië is tans #38 op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging die ergste is. Dankie dat jy in gebed tree vir Indonesië vandag!

Back To Top
Soek