Skip to content

Colombiaanse pastoor se vrou en kinders seksueel aangerand

In Colombië gebruik guerrillas, weermagte en vervolgers seksuele geweld om diegene wat hulle doen en late teëstaan, te straf en te intimideer. Die gevolg is dat duisende vroue en kinders blootgestel word aan seksuele teistering.

Pastoor Diego Cerquera*, sy vrou, Ledy, en hul twee klein kindertjies moes sulke geweld deurstaan. Pastoor Diego het pastorale werk en evangelisasie gedoen onder die guerrilla-vegters afgesien van dreigemente van die gewapende leiers, wat gekant was teen sy teenwoordigheid, en daarop aangedring het dat hy moet afstand doen van sy pastorale pligte. Uit weerwraak vir die bekering van jong rebelle, het gewapende leiers sy huis geplunder, sy lande vernietig en sy vrou en kinders seksueel aangerand.

María Herrera*, Traumaberadingskoördineerder, meen “Seksuele mishandeling het nie net seksuele implikasies nie, dit is ʼn gewelddadige manier om ʼn persoon se wil te vernietig. Dis ʼn manier om ʼn individu te knak en hulle te beroof van hul identiteit.”

Bid asseblief vir vertroosting vir Pastoor Diego en sy gesin. Bid ook dat die Here die tallose vroue en kinders wat seksuele teistering moes verduur, sal genees  en verkwik. Mag die Here hulle, asook diegene wat die gevaar loop om deur gewapende groepe aangeval te word, beskerm.

*Name verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

 

Back To Top
Soek