Skip to content

Bid vir troos en vreugde hierdie Kersfees

Ons almal vier Kersfees op verskillende maniere, maar om die wêreld, word ons deur die geboorte van ons Verlosser, Jesus Christus verenig terwyl ons die wonderlike geskenk wat God deur Hom aan ons gegee het herdenk.

Ongelukkig is dit ook ʼn tyd van verhoogde vervolging vir ons vervolgde Christen-familie om die wêreld in geslote lande. Terwyl ons saam met ons geliefdes bymekaar kom, sal baie Christene nie in staat wees om Kersfees met hulle families te vier nie omdat dit onwettig is in hul land. Ander mag dalkkan dalk Kersfees kan vier maar met die aansienlike risiko van aanvalle indien hulle bymekaar kom.

By die Salcedo familie in Colombië, sal daar egter hierdie Kersfees ʼn leë stoel aan die familietafel wees. wanneer hulle die geboorte van Christus vier. Daniella (12), haar boetie Sebastian (5) en ma, Alba het hulle pa en man verloor oor hul geloof in Jesus. Pastoor Plinio in koelbloedig doodgeskiet en vermoor oor sy bedieningswerk wat ʼn bedreiging was vir dwelmbase en rebelle is wat kwesbare kinders en volwassenes lok om deel van hulle wettelose werksaamhede te word.

In hierdie seisoen van “gee” wil ons aan families soos die Salcedo-familie troos en vreugde hierdie Kersseisoen en verder gee deur hulle te versterk met fisiese en geestelike ondersteuning. Dit is vir families soos hulle wat ons die “Christusfees om die wêreld”-veldtog geloods het.

Bid asseblief saam met ons in hierdie finale maand van ons “Christusfees om die wêreld”- veldtog:

  • Bid dat te midde van vervolging ons familie in Christus God se troos en vreugde hierdie Kersseisoen sal ervaar.
  • Bid dat God almal sal seën wat vir die veldtog gebid en ondersteun het.
  • Bid dat in hierdie finale maand van die veldtog, die wat in staat is sal bydra tot die “Christusfees om die wêreld”- veldtog sodat ons meer vervolgde Christene kan bereik, om aan hulle hoop te bring en die geskenk van ʼn veiliger toekoms.

Dankie dat jy saam bid!

Back To Top
Soek