Skip to content

Jy kan help om ‘n toekoms van troos en vreugde te bring aan kinders wat deur vervolging geraak is

Kersfees gaan hierdie jaar baie anders voel. Die twaalfjarige Daniela in Colombië weet egter reeds dat sy nie Kersfees saam met haar pa sal deurbring nie. Niks is dieselfde sedert Pastoor Plinio vir sy geloof vermoor is nie.

“Dit is die moeilikste wanneer… wanneer ek aan my pa dink,” het Daniela met ons gedeel. Dit was al wat sy in staat was om te sê.

Colombië mag dalk ʼn hoë persentasie Christene hê, maar dit is ook die tuiste van genadelose dwelmkartels. En hulle hou nie daarvan as pastore hul werk probeer stop nie… Pastore soos Plinio, wat in sy eie huis vermoor is. Ek kan my nie indink hoe hierdie familie moes voel nie.

Sal jy vandag help om die pyn te verlig en begin om ʼn vervolgde kind se toekoms met ʼn Kersgeskenk te verander?

Verlede jaar kon Daniela en haar boetie Sebastián oor Kerstyd vier weke by die Colombië Kindersentrum deurbring wat deur Geopende Deure bestuur word. Dit was ʼn veilige plek om troos en vreugde te vind, asook ʼn kans om behoorlik van die trauma te begin genees.

“Ek het nie so baie mense verwag nie,” onthou Daniela. “Ek was so verras om almal te sien wat sing en ons verwelkom. Ek het vir die eerste keer in ʼn lang tyd goed gevoel.”  

Ek weet ons kan nie Pastoor Plinio terugbring nie. Maar ons kan vir Daniela, en so baie ander families soos hare wys, dat die Kerk hulle nie versaak het nie. Jou geskenke en gebede sal bemoediging en hoop aan kinders bied wat dit die meeste nodig het, veral oor die Kerstyd.

Geopende Deure glo dat elke kind wat vir hul geloof vervolg word, beskerm, voor voorsien en versterk moet word om vir hulle ʼn beter toekoms te verseker en vir die langtermyn oorlewing van die Kerk.

As ons op hou om in kwesbare kinders te belê, het die vervolgde Kerk geen toekoms nie. Die kindersentrum en ander soortgelyke projekte kan die verskil wees tussen ʼn kind wat deel van ʼn dwelmkartel word of wat grootword om die Evangelie in hul gemeenskap te deel. Hulle het jou nou nodig.

Sal jy vandag troos en vreugde bring aan ʼn vervolgde kind soos Daniela, met ʼn Kersgeskenk?

Enige geskenk wat jy vandag in staat is om te gee sal bydra tot ons “Christusfees om die wêreld” veldtog waarmee ons poog om ʼn R1 984 000-doelwit teen die einde van 2020 te bereik om vervolgde families te help met die beskerming, sorg en ondersteuning wat hulle nodig het om te oorleef en te floreer.

Back To Top
Soek