Skip to content

Bid vir blywende verandering in Noord-Korea

Op die 28ste Februarie het ʼn tweede beraad in Viëtnam tussen President Donald Trump en die leier van Noord-Korea, Kim Jong Un, skielik tot ʼn einde gekom. Daar is steeds baie onduidelikheid – maar, soos die vorige keer, is Noord-Korea se afgryslike menseregte misbruike weggelaat uit die agenda.

Verlede jaar se beraad tussen Kim Jong Un en President Trump in Singapoer het min gedoen om die gruwelike misbruik van menseregte in Noord-Korea aan te spreek. Dit het geen impak gehad vir die geskatte 200,000 tot 400,000 Christene in Noord-Korea nie.

Plaaslike bronne het aan Geopende Deure vertel dat daar baie tekens is dat vervolging erger word. Soos, ʼn toename in die aantal arrestasies en ontvoering van Suid-Koreaanse en Chinees-Koreaanse sendelinge in China, versterkte grenspatrollering met swaarder strawwe vir Noord-Koreaanse burgers wat vanaf China teruggestuur word, asook ʼn strenger optrede teen alle kanale wat die Christelike geloof versprei.

Bid dat God deur die Trump-Kim beraad sal werk om die Noord-Koreaanse Kerk te versterk. Mag dit ʼn blywende verandering bring vir alle Noord-Koreaanse burgers wat deur die regering misbruik word. Bid ook dat die uitgesaaide radioprogramme ondergrondse Christene sal help om geestelik te groei en hulle ook sal bemoedig op hul reis saam met Jesus.

Noord-Korea is tans #1 op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging die ergste is.

Dankie dat jy intree vir Noord-Koreaanse Christene.

Back To Top
Soek