Skip to content

Bejaarde vrou vir 10 dae lank ondervra

Gedurende Desember verlede jaar is Ruhsari Kamberi (65), saam met vier ander vroulike Christenbekeerlinge, by haar woning in hegtenis geneem deur lede van die Iraniese Intelligensiedienste. Hulle het haar woning deursoek en selfone, Bybels en ander Christelike materiale gekonfiskeer, waarna hulle haar na die inligtingskantore geneem het vir ondervraging.

Ruhsari is vir tien opeenvolgende dae van die oggend tot die aand ondervra, waarna sy op borg vrygelaat is van $7,000 (sowat R94,971). Sy is egter vroeër in Januarie aangekla van “dwarsboming van die gereg” en het “instruksie” ontvang van ʼn geestelike leier om dit te oorweeg om na Islam terug te keer.

Ongelukkig is Ruhsari maar een van talle Christene wat in Iran (#9 op die 2019 Wêreldwaarnemingslys) in hegtenis geneem is, namate owerhede in die laaste paar maande hul aanslag teen Christene verskerp het. In Desember verlede jaar is 114 Christene in een week gearresteer.*

Met dít in gedagte, bid asseblief:

  • Dat God alle Christene wat gearresteer en onder vra word in Iran sal help om sterk te staan in die geloof.
  • Bid dat God sy vrede, vertroosting en bemoediging sal openbaar aan Ruhsari en die ander vroue wat saam met haar gearresteer is.
  • Bid dat God ook sy vertroosting sal gee aan Ruhsari se man en kinders, asook die familielede van die ander vroue.
  • Bid vir diegene wat verantwoordelik is vir die mishandeling van hierdie vroue en die skending van hul regte, en dat hulle sal besin oor hul aksies.

Dankie vir jou innige gebede!

Bron: Middle East Concern
*World Watch Monitor. Iranian officials interrogate 65-year old Christian woman for 10 days, day and night. 1 February 2019.

Back To Top
Soek