Skip to content

Asia Bibi verlaat Pakistan

Asia Bibi het Pakistan uiteindelik verlaat en is veilig in Kanada saam met haar familie wat reeds in die land is, nadat hulle asiel toegestaan is.

Asia, ʼn eggenoot en ma, was vir agt jaar in die dodeselle op valse aanklagtes van godslastering. Haar saak het internasionale aandag gevestig op Pakistan se godslasteringswette wat vurig deur Islamitiese fundamentaliste in die land ondersteun word. Verlede jaar Oktober het haar onskuldigbevinding van die godslasteringsaanklagte gelei tot gewelddadige proteste deur ekstremiste.

ʼn Geopende Deure woordvoerder was verjeug oor die nuus dat Asia veilig in Kanada is: “Dit is wonderlike nuus. En ons hoop dat daar nie terugslag vir die Christene in Pakistan sal wees nie maar dat dit eerder die weg sal baan vir verandering, hoop en versoening.”

Prys die Here dat Asia, Pakistan veilig kon verlaat en met haar familie herenig is!

Hou asseblief aan om te bid vir Asia en haar familie namate hulle herstel en genees van hulle lang wag vir vryheid.

Mag God steeds vir hulle onderneem terwyl hulle hulle lewens in ʼn nuwe land herbou.

Dankie vir jou vurige gebede!

Back To Top
Soek