Zemzem het jou gebede dringend nodig
Zemzem*, afkomstig van die Horing van Afrika, het in 2014 tot geloof in Jesus gekom, nadat sy ʼn Christen by die hospitaal ontmoet het tydens haar eerste swangerskap. Die gevolg was egter dat haar man van haar geskei het, haar ouers hul ondersteuning onttrek het, en die gemeenskap vyandig was teenoor haar.
Deur dit alles, het Geopende Deure gehelp om in haar basiese behoeftes te voorsien, en in samewerking met plaaslike gelowiges, haar gehelp om ʼn besigheid te begin. Dit het haar gehelp om vir haar kinders te sorg.
Ongelukkig is sy ʼn paar maande gelede gedwing om haar winkel toe te maak, nadat haar verhuurder uitgevind het dat sy ʼn Christen is. Omdat sy altyd streef na onafhanklikheid, het dit Zemzem baie frustreer. Die sluiting het haar baie moedeloos gemaak. Haar Pastoor, Muktar*, is ook bekommerd oor haar omdat sy nie onlangs by die kerk was nie. Hy kon haar ook nog nie op haar telefoon in die hande kry nie…
Bid asseblief vir Zemzem – dat sy herinner sal word aan die Bybelse waarhede wat sy geleer het, en dat hierdie waarhede haar sal help vashou aan God gedurende hierdie tyd. Bid vir wysheid vir Pastoor Muktar, dat hy sal weet wat die beste manier is om haar te help gedurende hierdie moeilike tyd.
Dankie dat jy intree vir Zemzem!
*Name verander weens sekuriteitsredes.