Skip to content

Wat doen jy as alles hopeloos lyk?

Met alles wat in die wêreld aangaan, ervaar talle mense – gelowiges en ongelowiges – trauma, beproewings, armoede en vervolging op elke denkbare gebied. Die Covid-19-pandemie maak die lewe nie net moeilik vir burgers en die wêreldwye ekonomie nie, maar het ook tot gevolg dat baie mense hulpeloos en kwesbaar voel.  

Ons reaksies verskil – sommige bly stil, sommige word kwaad, terwyl ander weer by die owerhede en leiers pleit vir lewe, voorsiening, beskerming, regverdigheid en alles wat ons glo vryheid en vrede kan bring. Met al hierdie dinge wat aangaan, hoe bly ons staande as gelowiges? Wat moet ons doen wanneer alles rondom ons hopeloos lyk? 

Rajesh* van Indië deel sy ervaring en getuienis om in ʼn land te bly waar teenstand en pyn al vir baie jare onvermydelik is – nie net vir die armes nie, maar veral vir dié wat Jesus Christus volg. Hy deel wat sy hoop en geloof in Christus lewend gehou het, ten spyte van alles wat om hom gebeur. Kyk na die video hieronder: 

Rajesh sê: “Jy weet, Christene leef ʼn lewe van risiko’s. Selfs al woon jy nie in ʼn land van fanatici nie.”  

Beproewings en vervolging maak dat die wêreldwye Kerk groei. Ondersteuning en samesyn onder ons as gelowiges lei ook tot groei. Al meer mense sal die Here leer ken, en deur ons geloof en gebede vir mekaar kan ons sterk staan, ongeag watter beproewings ons ervaar, en dit met waagmoed, dapperheid en hoop in die Here aanpak. 

 

“Wanneer jy nie weet nie, bid net. 

“Wanneer jy niks verstaan nie, bid. 

“Jy sal verstaan,” sê Rajesh. 

 

Rajesh is ʼn plaaslike vennoot van Geopende Deure wat baie gelowiges in Indië besoek om te verseker dat hulle met Covid-19-hulp en gebede bygestaan en ondersteun word. Daar is soveel meer wat hy oor die Kerk in Indië kan sê, maar hy is nie in staat nie vanweë die erge verdrukking en uitwissing van Christenskap wat in die land aan die gang is. Jy kan die Kerk in Indië ondersteun en namens hulle praat. Kliek hier om te sien hoe jy kan #standfortruthindia. 

 

Back To Top
Soek