Skip to content

Vier die beeldskoonheid van vroue in die 50 mees vervolgde lande

50 foto’s wat die beeldskoonheid van vroue in die mees vervolgde lande wêreldwyd toon

Vroue in vervolgde lande staar reeds intense diskriminasie in die gesig, hetsy hulle volgelinge van Jesus is of nie. Christenskap vererger dit egter geweldig, tog staan vroue in dié lande sterker as ooit. Hierdie Vrouemaand vier ons die skoonheid van vroue in lande waar vervolging die ergste is. Ons kyk na vroue in elk van die 50 geslote lande wat tans op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys voorkom, en sien hoe Sy liefde en beeldskoonheid deur elkeen van hulle skyn, ongeag van hul omstandighede.

Die Skepping word as ʼn simfonie gesien wat deur God gedirigeer word. Namate Sy meesterstuk in ʼn ontsagwekkende crescendo groei, elke skepping mooier as die vorige, bou Hy Sy perfekte harmonie dag vir dag. Uiteindelik bring Hy dit als by mekaar en eindig die hele stuk af met een beslissende noot – Eva. Meeste geslote lande sien vrouens as minderwaardig in vergelyking met mans, en daarom word hulle so gereeld en so maklik aan dubbele diskriminasie blootgestel. Ons susters in Christus ervaar vervolging op ʼn ander manier as mans, dit sluit huisarres, seksuele teistering, mensehandel, gedwonge huwelik/egskeiding en toesig oor hulle kinders in.

Back To Top
Soek