Skip to content

Vervolging is ʼn uitbuiting van vroue se kwesbaarheid

ʼn Nuwe, omvattende verslag van Geopende Deure oor geslagsgeweld in lande waar Christene intens vervolg word vir hul geloof as volgelinge van Jesus, bring ontstellende realiteite van Christenvroue en -meisie aan die lig..

In 59 persent van die 50 lande wat ondersoek is, is seksuele aanranding beskryf as ʼn karaktereienskap van godsdienstige vervolging, en hier het 47 persent gesê dat verkragting ook algemeen is. In plekke soos Libië, byvoorbeeld, word verkragting soms gebruik as ʼn vorm van straf vir die bekering na Christenskap.

Ongelukkig in plekke soos Sirië kan die Christenvroue, wat in die minderheid is, baie selde uitpraat oor hierdie tipe geweld omdat hulle steeds te getraumatiseerd is, óf omdat hulle voel dat die manier waarop hulle behandel is, te “vernederend” is en dat hulle nie openlik daaroor kan praat nie.

In die groter omvang buit vervolging die kwesbaarheid van vroue uit, wat die volgende insluit (maar nie beperk is tot dit nie): die weiering van onderrig, gesondheidsorg en infrastruktuur; die verbod op reis; mensehandel; gedwonge aborsies of voorbehoeding; en toegang tot werk geweier. Vir iemand wat aan twee minderheidsgroepe behoort (Christen en vroulik), kan die saamgevoegde kwesbaarheidskomponente die lewe dubbel so moeilik maak, self dodelik.

Bid asseblief vir Christenvroue in geslote lande wat wat verkeie vorms van vervolging verduur as straf of vernedering omdat hulle Christus kies. Bid dat God hul gebroke harte sal genees van die trauma wat hulle verduur en dat Hy hulle waardigheid sal herstel. Mag hulle ook iemand vind met wie hulle kan praat oor alles wat hulle moet verduur.

Dankie vir jou gebede.

Bron: World Watch Monitor. For persecuted Christian women, violence is compounded by ‘shaming’. 8 March 2019.

Back To Top
Soek